CrimeNews

NUUSFLITS: Verdagte gewond na poging tot roof misluk

Een verdagte is gewond in 'n mislukte poging tot 'n gewapende roof op 'n kleinhoewe vanoggend in Tzaneen.

Twee verdagtes het ‘n arbeider op die kleinhoewe vanoggend om omstreeks 10:00 genader en gevra of daar glo werk beskikbaar is.

Luidens Marius Jacobs van Northern Sekuriteit, het die arbeider hulle aanbeveel om na die plaas van die eienaar buite die dorp met hulle CV’s te gaan.

Na ‘n meningsverskil het die verdagtes die arbeider teen die grond vasgedruk en met ‘n wapen aangehou.

‘Die werker het om hulp begin skreeu en ‘n man wat op die hoewe ‘n huis huur, het uit gegaan om ondersoek in te stel, vertel Jacobs.

Hy het gesien dat hulle gewapen is.

Die huishuurder het terug gehardloop na sy huis om homself te bewapen.

Die verdagtes het laat spaander.

‘Hulle het oor die muur gespring en in ‘n taxi ‘n rygeleentheid na Tzaneen gekry,’ vertel Jacobs

Die huishuurder het die taxi gevolg tot by ‘n vulstasie in Tzaneen.

Die verdagtes het uit die taxi geklim en die man gesien en te voet begin vlug.

‘Die man het vir die een verdagte beveel om te stop. Hy wou nie luister nie en is in die been geskiet.,’

Die ander verdagte is steeds op vrye voet.

Northern Sekuriteit, Mopanya, Er24 sowel as die Staatsambulansdienste sowel as die SAP was vinnig op die toneel.

Luidens Jacobs is die taxi deur Letaba Sekuriteit agter Tzaneng Mall gekry nadat die drywer dit aan hulle uitgewys het, en die wapen is binne in gevind

Die gewonde verdagte is tans onder polisie bewaking  in die Van Velden Hospitaal.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button