TZANEEN: Vermiste Bianca veilig terug hier
Bianca de Nyshe (15) wat sedert Maandag as vermis aangemeld was, is veilig gevind in Polokwane.
Bianca de Nysschen (15) wat sedert Maandag as vermis aangemeld is Dinsdag veilig gevind in Polokwane.
‘n Soektog was sedert Maandag geloods na De Nysschen as vermis aangemeld is en aangesien daar noue samewerking tussen Northern Sekuriteit en die Polokwane Polisiëringsforum (GPF) is, het Marius Jacobs van Northern Sekuriteit hulle laat weet.
Johan Duvenhage van die Polokwane GPF het aan die Northern Review in Polokwane bevestig dat Jacobs hom laat weet het en die die foto van die vermiste Bianca aangestuur het. Dit is toe op die sosiale media Polokwane Alerts 2 groep geplaas. ‘n Vrou het glo geskakel met die nuus dat sy moontlik weet waar die vermiste Bianca is en dat sy hulp nodig het.
Daar is na die adres gehaas.
Toe Duvenhage instap toe was daar vier jong mans. Bianca was ook daar. Duvenhage het dagga geruik. Hy het gevra of hulle dwelms gebruik, maar hulle het dit ontken.
Duvenhage het uitgestap en sy mense opdrag gegee om die huis te deursoek.
Daar is na verneem word op verskeie dwelms beslag gelê o a kokaïene dagga asook leë sakkies waarin dwelms was.
‘n Twintig jarige man is in hegteninis geneem op aanklagte van dwelmbesit. Hy het volgens inligiting Donderdag in die hof in Polokwane verskyn en is steeds in aanhouding.
Bianca is intussen in die vrou wat die oproep gemaak het, se sorg geplaas. Haar ma is glo onlangs oorlede en sy het by haar sussie gebly voor sy vermis geraak het.
Die Forum het Jacobs in kennis gestel.
Bianca is die volgende oggend saam met Marius van Northern Sekuriteit terug Tzaneen toe.
‘Ek het besluit om uit my eie sak te betaal om Biance te gaan haal. Sy is tans in terug in Tzaneen en in ‘n veilige plek geplaas onder toesig,’ volgens Jacobs
Die ondersoek duur voort.
Lees ook:
HUMAN TRAFFICKING: The road to a sex and slavery hell
SOEKMEKAAR: Search for missing girl (10)
BREAKING NEWS: Body of abducted 7 year old found in cattle dip



