Local newsNews

HOEDSPRUIT: Ondersoek volg na vliegongeluk

Hoedspruit se bekendste en gewildste vlieënier, Tom van der Meulen, is besig om in ‘n Nelspruitse hospitaal te herstel van sy ernstige beserings nadat hy Saterdag met sy Gyrokopter in ‘n vliegongeluk net buite die dorp was.

Van der Meulen, veral bekend vir sy lugfotografie, ervaring en kundigheid as vlieënier, het Saterdagmiddag in die Ndlovumzi natuurreservaat neergestort.

Die gyrokopter het aan die brand geraak na die impak en Van der Meulen, wat alleen in die vliegtuig was, is met ernstige beserings afgevoer Nelspruit toe.

Tom in sy gyrokopter is ‘n bekende gesig in die Hoedspruitse lugruim en hy doen gereeld take sonder vergoeding om lede van die gemeenskap te help.

Hy is ook ‘n wêreldrekordhouer vir die langste aaneen vlug in ‘n gyrokopter en word baie hoog as vlieënier aangeslaan.

Volgens ‘n voorlopige verslag van Burgerlugvaart het hy by die Hoedspruitse vliegveld in die dorp opgestyg vir ‘n plesiervlug.

Sy gewoonte was om in die omgewing te sirkel en net die pragtige natuurskoon te geniet. Volgens ooggetuies het sy vliegtuigie vinnig hoogte verloor en het hy neergestort.

‘n Amptelike ondersoek, wat standaard prosedure na elke vliegongeluk is, is aan die gang en sal etlike maande neem om te voltooi.

Volgens vriende van die Van der Meulens lyk Tom onder omstandighede goed en is hy besig om te herstel. Die hele gemeenskap wens hom en sy gesin sterkte toe in die tyd.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button