Local newsNews

‘Vervalle wapenlisensies geldig geag’

'Alle vervalle vuurwapen lisensies sal as geldig geag word tot tyd en wyl...'

Die Noord Gauteng se Hooggeregshof het  artikels 24 en 28 van die Wet op Beheer van Vuurwapens ongrondwetlik bepaal en die parlement opdrag gegee om dié wet binne 18 maande te wysig.

Die aankondiging is deur ‘n verklaring van MJ Hood prokureurs gemaak.

Letaba Herald verneem dat wat van belang van die bevel is, is dat alle vervalle lisensies as geldig geag sal word tot tyd en wyl die parlement die nodige wysiging aangebring het.

Wat beteken dit in die praktyk?

‘Indien jou wapenlisensie verval het, kan jy nie nou vervolg word nie, indien jy reeds aangekla is omdat jou lisensie verval het, kan jy nou versoek dat die vervolging teen jou gestaak word. Dit is tans nog onduidelik presies hoe hierdie proses nou deur die SAPD bestuur gaan word.Daar sou redelikerwys verwag kon word dat die SAPD nou mense sou toelaat om vervalle lisensies te hernu of toe te laat dat sulke wapens nou verkoop word, maar totdat die SAPD amptelike opdragte in reaksie op hierdie saak uitreik, is dit bloot spekulasie. Sodra die SAPD amptelike opdragte uitreik, sal dit bekend gemaak word,’ is aan die Letaba Herald gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button