- Theo het die brons medalje in die seuns O/16, 63-69kg vrystyl afdeling gewen.
Theo moes in die Grieks-Romeinse-afdeling in ‘n swaarder gewigsafdeling deelgeneem het nadat hy 50g te swaar geweeg het.
Die Grieks-Romeinsestyl verskil van die vrystel in die sin dat slegs die bo-liggaam ingespan mag word, dit wil sê die arms, lyf en kop.
By vrystyl mag die bene ook gebruik word.
Theo, wat stoei vandat hy in Graad 2 is, word deur sy pa, Minnie, afgerig.
Theo se beste prestasie op nasionale vlak was ‘n goue medalje in die Grieks-Romeinsestyl en ‘n silwer in die vrystyl wat hy in 2015 verower het.
Theo sal Oktober aan die proewe vir die nasionale stoeispan deelneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



