NewsSchools

Suandrie is ‘n Plasie Yster!

Hierdie leerling het die afgelope 14 dae haar talent op vele terreine bewys.

Praat mens van ‘n yster-meisie? Iemand wie aan hierdie beskrywing voldoen is beslis Hoërskool Merensky se veelsydige graad 9-leerling, Suandrie Corbett.

Hierdie leerling het die afgelope 14 dae haar talent op vele terreine bewys.

Eers het Suandrie op 5 Augustus haar Pre-Exam: Intermediate Foundation Phase in Polokwane, ter voorbereiding van haar komende balleteksamen, afgelê.

Daarna het sy op 9 Augustus op die vliegtuig geklim om as Limpopo se voorprater die ATKV-redenaarsfinaal in die onvoorbereide afdeling by Goudini Spa by te woon.

Die volgende middag het Suandrie slegs 2 ure gehad om saam met 24 bekkiges ‘n toespraak: ‘Moet Wiskunde verpligtend op skool wees?’, voor te berei en aan gesoute beoordelaars voor te hou.

Suandrie het redeneer dat Wiskunde nie verplig moet word nie.

Haar argumente was as volg: “Daar is te min kundige onderwysers om die vak te doseer; Ander vakke kan dan meer aandag geniet; Presteerders kan dan beter vaar en keuring vergemaklik.”

Op 12 Augustus is sy terug in Limpopo om as hulpdoel vir die Plasie o.15A-netbalspan vyf wedstryde tydens die Kamusepe Toernooi in Mokopane te speel.

Nog is het einde niet: op Maandag, 14 Augustus speel sy drie diamanttoekennings los met haar dwarsfluit, tydens die jaarlikse Tzaneen Musiekeisteddfod.

Plasieland salueer hierdie ster van ‘n leerling en vertrou dat haar talente nog menige toeskouer gaan beïndruk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button