Die viertal Plasies wie Merensky verteenwoordig het in die Superskole vasvraprogram. Van links: Claudia Olivier, Bianca Elbrecht, Casper Jordaanen Juan-Jacques Moller.
Die Laeveld kan op 4 September regop sit en aandag gee wanneer VIA TV (kanaal 147) se nuwe vasvraprogram vir hoërskole begin.
Alle hoërskole in die land was genooi om deur middel van ‘n kort video in te skryf vir hierdie opwindende kompetisie, met die gewilde rymkletser en popsanger, Snotkop, as aanbieder.
Slegs tienskole is uiteindelik genooi om aan die program opnames in Johannesburg deel te neem en Hoërskool Merensky was die enigste skool in Limpopo wat die paal gehaal het.
Vier bloubloed superbreine, Claudia Olivier, Casper Jordaan (graad 12), Bianca Elbrecht (graad 11) en Juan-Jacques Moller (graad 10) het hul lyf ‘n week lank superster gehou. Hul kennis van taal, wiskunde, algemene kennis en popkultuur is getoets.
Alhoewel die Plasiespan nie nou al die kat uit die sak mag laat nie, nooi hulle die hele wêreld uit om hierdie spesiale oomblikke vanaf 4 September met hulle te deel.
Die Plasies vat gou ‘n breek en sien kans vir ‘n selfie. Van links: Juan-Jacques Moller, Claudia Olivier, Bianca Elbrecht en Casper Jordaan.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.