Beide spanne het goed vertoon, maar die O/15-span het ‘n besondere goeie toernooi gehad deur op die dag net een drie af te staan.
In hulle poelwydstryde het hulle Hoërskool Ben Viljoen 27-0 en Northern Acadamy 65-0 gewen.
Hulle het ook nog ‘n keer vergoed vir hulle glips van vroeër die jaar teen Hoërskool Merensky se XIV-tal deur hulle vir ‘n tweede keer te wen – hierdie keer met ‘n telling van 30-0.
Die onstuitbare Vossies het PHS 49-5 in die semi-finaal gewen en die dag met ‘n 44-0 oorwinning teen Hoërskool Frans du Toit afgesluit.
Die O/17-span was stadig uit die wegspringblokke, maar het op die dag, soos goeie wyn net beter met die verloop van tyd geword.
Hulle het nie reuse tellings aangeteken nie, maar het beïndruk deur net vier drieë die hele dag af te staan.
Hulle het in hulle poelwedstryde Hoërskool Ben Viljoen 31-14, Hoërskool Louis Trichardt 31-5 en Hoërskool Tom Naudé 31-0 gewen.
Laasgenoemde wedstryd is halftyd gestop.
Die O/17’s het Hoërskool Frans du Toit 31-5 in die semi-finaal gewen en met PHS 26-5 in die finaal afgereken.




