Local newsNews

Trollie vir trollie kom fooitjies vir karwagte in

‘DIT is maar soos dobbel, eendag gaan dit goed as jy gelukkig is en die ander dag gaan dit minder goed.’

So vertel David Sithole (27) een van die karwagte wat elke dag getrou by Tzaneen Lifestyle sentrum sy lyf karwag hou.

En hy verdien nie te sleg nie.

Op ‘n slegte dag verdien hy so R110 deur fooitjies van klante na wie se voertuie hy omsien.

‘My beste dag was toe ek amper R200 gemaak het. En een het my al ‘n volle R100 gegee. Maar dit gebeur so eenkeer ‘n jaar,’ vertel Sithole.

‘n Pleidooi is onlangs op sosiale media geplaas dat persone, eerder hulle kleingeld as footjies aan karwagte moet betaal as aan die van die trollie stoters.

Hulle is op kontrak van Checkers van Trolley Security.

Die bestuurder van Checkers, Michelle Liversage het aan Letaba Herald gesê, dat baie van die klante daar vertroud voel dat die trollie personeel hulle trolliies na hullle karre neem.

‘Van die ouer klante voel meer veilig as iemand saam hulle uitstap. Dit is uit ons hande uit as hulle dan ‘n fooitjie kry,’ sê Liversage.

Sy het bevestig dat die trollie werkers ‘n maandelikse salaris verdien.

Karabo Molele, een van die trollie stoters het aan Letaba Herald gesê dat hulle en die karwagte baie goed oor die weg kom en dat daar nie kwade gevoelens tussen hulle is nie.

‘Daar is nie probleme tussen ons nie, ons kom goed oor die weg,’ het Molele gese.

Letaba Herald verneem dat daar sowat vyf  trollie stoters is.

Een hou vol dat hy nie meer as R20 per dag verdien uit fooitjies nie, en erken dat hy ‘n salaris verdien.

Sithole, een van die ander karwagte onderhou ‘n familie van vyf.

‘Ek het matriek deurgekom in 2009, maar ek kry nie werk nie. Die is ‘n geleentheid vir my om brood op die tafel vir my gesin te sit. Ek is nou al vyf jaar ‘n karwag hier,’ het hy vertel.

Die feesseisoen lê en wink, en Sithole se oë blink.

‘Kersfees gaan amper begin en dan is ons lekker besig en maak goed geld. En Vrydag is Swart Vrydag, so ons sien uit daarna.’ Ons is so agt karwagte, en los mekaar af in verskillende areas op ‘n daaglikse basis.’

Hulle kry net ‘n dag per week af om hullle ‘batterye’ te herlaai.

Nog ‘n karwag, (66) en wat verkies om anoniem kommentaar te lewer is nou al bietjie langer as ‘n jaar karwag hier.

‘Ons kan meer maak jongman, as die mense net meer wil gee. Ek kyk partykeer so in die mense se karre na watter duur items ons soms na moet omsien en beskerm terwyl hulle inkopies doen,’ vertel hy.

Die wag vertel ook dat hy gemiddeld R100, soms meer per dag verdien met fooitjies. ‘Come rain or shine, ek is altyd op my pos.’

Hy besit sy eie motor, en hou sommer ook wag oor sy eie kar.

‘Petrol word net nou so duur, maar ek hou kop bo water.’

Sy vrou het borskanker, en gelukkig vertel hy, is die kinders al uit die huis uit.

‘Ons het eers in ‘n tent gebly by die dam, maar woon nou in ‘n klein woonstelletjie danksy die SAFV. Ons is baie danbaar vertel hy,’ terwyl die son warm bak en die sweet aftap.

Hy is ‘n gekwalifiseerde motorwerktuigkundige, maar soos hy dit stel, ‘Ek kry nie regtig werk nie.’

Die karwagte verstaan dat die winkeltrollie werkers ‘n salaris verdien.

‘Hulle werk is mos net eintlik om te sorg dat die trollies van die parkeerterrein terug kom by die winkels, maar nou ja. Wat kan jy doen as hulle iemand se trollie stoot tot by hulle motor en hulle eerder vir hulle ‘n fooitjie wil gee,’ vertel hy half mismoedig.

Hy voer aan dat hulle verstaan dat mense nie altyd oor soveel kleingeld beskik nie, en dan voel die mense genoop om eerder die trollie stoter ‘n footjie te gee.

Letaba Herald het intussen verneem dat die karwagte ‘n bedrag van R60 p/m aan Urban Sekuriteit moet betaal.

Urban Sekuriteit se beamptes hou ‘n oog op sekuriteit maatreëls daar.

‘Hulle stel ons tye vas wat ons moet werk. Ons moet tot 17:00 in die week aan diens wees. Saterdae is nou verleng na 16:00 en Sondae werk ons tot 13:30. Dit gaan maar oor dit nou Kersfees is,’ vertel hy

Die R30 per week is geskooi op R5 p/d volgens Johan Klem, area bestuurder van Urban Sekuriteit.

‘Dit is ‘n ooreenkoms tussen ons en die wagte. Dit verhinder ook dat enige jan rap en sy maat daar kan gaan staan en geld probeer maak uit die situasie. In ‘n mate bestuur ons hulle. Ons sien om na hulle klagtes of ongelukkighede wat mag opduik. Ons probeer ook sover ons kan om eenkeer per jaar vir hulle nuwe jeans, hoede en verkeer reflekter baadtjies aan te skaf,’ het Klem aan die Herald verduidelik.

Die wagte word ook daagliks gevra om hulle werkstasie skoon en netjies te hou, soos om papiere en ander rommel net in asblikke te gooi.

‘Dit is maar ‘n samewerking tussen ons eie sekurieteits wagte en die skoonmakers van die Lifestyle Sentrum om alles so skoon en netjies moontlik te hou,’ het Klem bygevoeg.

Kersfees het aangebreek.

Almal se harte gaan uit, en probeer sover moontlik welwillendheid, al druk die ekonomie, na aan die hart te dra.

Die feit dat die wagte, ongeag van ras of kleur, nie bedel op straat nie, en ‘n eerlike inkomste probeer verdien om na jou motor se veiligheid om te sien in hoë temprature of gietende reën, word hoogs aangeskyf en verdien hulle meer as net ‘n veer in die hoed.

Dus, as jy weer met jou trollie jou kar nader, onthou, trollie vir trollie is die karwagte afhanklik van elke sent, hoe min dit ook al mag wees, want elke sent maak ‘n rand, en elke rand kan ‘n verskil maak aan hulle wat op eerlike manier brood op die tafel probeer sit.

‘Ek weet nie eintlik wat om nog te sê of jou te vertel nie jongman. Sê maar net vir almal ons sê geseënde Kersfees, en dankie vir die wat altyd bereid is om te help met ‘n rand of twee,’ laat val Louis Stone, een van die karwagte na die foto sessie.

Hy stap breë bors weg om een van sy ‘karklante’ veilig uit sy parkering te reguleer.

Stone lag breed.

Die footjie was heel moontlik, ‘n vol trollie een.

Geen mens word voorgeskryf vir wie hy ‘n fooitjie wil gee nie.

Dit is elke individu se eie besluit!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button