NewsSchools

Plasies verwelkom nuwe onnies

Hoërskool Merensky is opgewonde oor die sewetal spogonderwysers wat hulle in 2018 by dié wenspan aansluit.

Die nuwe adjunkhoof, Mark Louwies, is geen onbekende in die Laeveld nie. Hy was voorheen die skoolhoof by Laerskool Mariepskop. Hy sal ook sosiale wetenskappe en wiskundedoseer.

Trudie Botha het reeds etlike jare gelede al haar buiging as Afrikaans onderwyser op Plasieland gemaak.

Sy is weer vanaf 2018 verantwoordelik vir Afrikaans huistaal en addisionele taal. Die Engelse departement word versterk met me. Zanel de Lange wat Engelshuistaal gaan doseer.

Marc Viljoen voeg hom by die ekonomie- en wiskunde departemente.

Die wetenskap departement verwelkom vir Elizma Roux, terwyl Alichia Coetzee haar kennis gaan aanwend by die ekonomie- en Afrikaans departemente.

Willem Hermannsluit aan by die tegniese departement waar hy ingenieursgrafika en ontwerp en tekene sal aanbied.

Alhoewel Plasieland die afgelope vier jaar spog met ‘n 100% matriekslaagsyfer, besef elke leerkrag dat mens nooit ‘n punt na enige sukses kan plaas nie.

Hoërskool Merensky se onderwysers onderneem om in 2018 toegewyd voort te bou op vorige hoogtepunte.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button