Local newsNews

Lede van Tzaneen Sakekamer word touwys gemaak tydens eerste vergadering

Die eerste vergadering van die Tzaneense Sakekamer vir 2018 is Vrydag deur Letaba River Lodge geborg en is ook daar aangebied.

‘n Groot aantal gaste het die etevergadering bygwoon.

Jacques van der Merwe van C4Africa Holdings het ‘n interesante voorlegging aangebied waar hy verduidelik het wat die doel van hommeltuie is en die verskil wat hulle kan maak. Vrydag se praatjie het gefokus op anti-stropery deur dag en nagpatrollies, sekuriteit vir plase en ander eiendom, driedimensionele modellering, uitmeet van plase en kontoere.

Merensky en Laerskool Tzaneen was ook verteenwoordig by die Sakekamer vergadering. Van links: Magnus Steyn Merensky, Louis du Preez, Merensky, Magriet van der Merwe, Merensky, Kylie Eberhard, Laerskool Tzaneen, Ula Schoeman, Laerskool Tzaneen, en Fransie le Roux, Merensky.

Lees ook: TZANEEN: Voordele van ‘n Sakekamer bespreek

Jacques het ‘n video vertoon waar verdagtes aangekeer is deur die hulp van ‘n hommeltuig.

Die hommeltuie kan ook vir skoolfunksies, webtuistes en wildtellings gebruik word.

Die Hoërskool Ben Vorster is tydens die Sakekamer se vergadering verteenwoordig van links: Louis Van Dyk, Coenie de Lange en Marinda Ceronio.

Die voorsitter, Llandi van der Walt, het Jacques bedank en ‘n geskenk, geborg deur Eco Choice, aan hom oorhandig.

Almal het ‘n heerlike middag geniet.

Die volgende vergadering, wat die algemene jaarvergadering is, vind op 16 Februarie plaas.

Die nuwe bestuur word dan ook verkies. Nominasies moet voor 14 Februarie ingehandig wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button