Vossie is beste O/15-bouler in Suid-Afrika
Die Nasionale Momentum O/15-kriekettoernooi het vanaf 8 tot 12 Desember 2017 in Bloemfontein plaasgevind.
Die 208 beste O/15-krieketspelers in Suid-Afrika het hul onderskeie provinsies op dié toernooi verteenwoordig.
Gedurende die toernooi is Johan Harms aangewys as die beste O/15-bouler in Suid-Afrika – nadat hy skitterend geboul het tydens die ses wedstryde waarin hy gespeel het.
Sy boulontleding gedurende die toernooi was as volg: In totaal het Johan 33 boulbeurte, waarvan 9 leeg was, geboul.
Hy het slegs 82 lopies afgestaan en het ‘n ongelooflike 15 paaltjies – die meeste op die toernooi, geneem. Hy het ook 124 lopies aangeteken teen ‘n gemiddeld van 20.7.
Dit is ‘n besonderse prestasie om tydens ‘n Nasionale toernooi aangewys te word as die beste O/15-bouler in Suid-Afrika.



