NewsSchools

Twee helder liggies vir die Riepies in 2018

Laerskool Mariepskop voeg vanjaar twee nuwe liggies by hul personeelkorps, sodat hul lignog helderder kan skyn as ooit van te vore.

Stephanie Bierman en Alette Steenkamp gaan beide aansluit by die Riepies se grondslagfase.

Stephanie het in Witrivier in die Laeveld groot geword en het ‘n absolute passie vir kinders en sport.

Sy en haar gesin het hul tuisdorp Badplaas verlaat om in Hoedspruit te kom woon.

Stephanie glo sy gaan haar lig helder vir Mariepskop skyn en op ‘n positiewe manier ‘n verskil maak.

Alette het haar kinderjare spandeer in Bloemfontein en Pretoria, maar het saam met haar gesin vanaf Vryeid na Hoedspruit verhuis.

Verhoudings is vir haar die beginpunt van die lewe. Sy glo deur verhoudings en vriendskappe te vorm met leerders kan elke leerder bereik en beinvloed word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button