NewsSchools

Riepies spog met 35 haasbekkies

Die eerste dag van skool was ‘n emosie belaaide dag vir Riepies se splinternuwe Graad 1’s asook hul ouers.

By sommiges het die trane gerol en ander het weer geskater van die lag.

Die nuwe Riepies was met ope arms ontvang toe hulle die saal ingekom het met die lui van ‘n klok en ‘n harde applous van hul mede-Riepies.

Die seuntjies dink Mariepskop is ‘n #LEKKERPLEK

Laerskool Mariepskop spog vanjaar met 35 splinternuwe haasbekkies wat verdeel is in twee klasse om optimum aandag en leer te voorsien.

Riepies se deftige Graad 1 meisies.

Die haasbekkies gaan die jaar stap saam hul juffrouens naamlik Chrisna Els en Marieke Botha.

Die Riepies wens vir die haasbekkies net die beste toe met hul skoolloopbaan en dat hul liggies sal laat skyn orals waar hul gaan.

Die Graad 1 Riepies glimlag van oor tot oor

Geniet dit elke dag by die #LEKKERPLEK!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button