Tzaneen: Maanfoto ‘n gelukskoot
'n Foto wat 'n inwoner geneem het, en vermoed het is eintlik een groot blaps laat kenners se oë rek en die komplimente stroom in.
Martie van Deventer, inwoner van Tzaneen het Vrydag die Maansverduistering afgeneem en een foto het tot haar verbasing die verbeelding aangegryp van menige.
“Hierdie foto was ‘n blaps. Ek is mos baie gepla met die maan, verander in wolf”, het sy tong in die kies aan LETABA HERALD vertel.
Van Deventer het Vrydagaand, 27 Julie rustig ontspan met ‘n glasie rooi van die gode en besluit om haar kamera in te span om die maansverduistering vas te vang.
So gesê so gedaan en eers Saterdagoggend besluit om te kyk na haar fotos.
Tot haar verbasing die gelukskoot!
“Ek het Saterdagoggend besluit ek gaan bietjie kyk na my fotos, toe kom ek af op die foto wat ek dink is baie besonders. Ek het hom net daar en dan gedoop ‘The ‘Moon’s Question Mark’, vir my was dit so besonders. My blaps het toe ‘n naam gekry,” vertel sy.
Van Deventer vertel dat sy met haar Canon 500D kamera ‘n Stigma lens 100-500 gebruik het om die foto te neem.
“My driepoot was opgeslaan maar ek het hom nie gebruik nie, die kamera was in my hand. Ek het nie veel daarvan gemaak op daardie stadium nie en maar net gehoop ek neem die perfekte foto”, vertel sy.
Letaba Herald het by Peter Morey, wat die uitgekose en gunsteling fotograaf was van voormalige president Nelson Mandela wat ook Madiba se laaste vier verjaarsdagvieringe vasgelê het in fotos gaan kers opsteek oor Van Deventer se foto.
Morey is ook ‘n bekroonde nuusfotograaf wat sedert 1981 tot 1991 vir Pretoria News werksaam was.
“Ja ek stem saam dit is nogal ‘n treffende foto en dit is wat ons ‘n gelukskoot noem”, het Morey aan die Herald vertel.
Morey se raad aan persone wat fotografie as stokperdtjie beoefen wat maan fotos neem, is om ingedagte te hou dat ‘n driepoot eintlik ‘n noodsaakliheid is.
“Die foto is geneem met die kamera in haar hand en het effens beweeg en ek raai haar ‘exposure’ was so op ‘n halwe of kwart sekond. Dis ‘n ‘nice shot’, maar een in ‘n 100. Well done, die lyn het net mooi gewerk”.
Sy raad aan maanfoto fundi’s is die volgende: “Normaalweg as ek die maan afneem, sou ek ASA so op 800 of 1600 sit, F stop op 5.6, en ‘aperture priority.’ Ek raai die spoed sal wees hier by 1/125 of 1/60 afhangende van die maan se helderheid. ‘n Driepoot sal ek altyd gebruik weens die lens se grote. ‘n 200-400 lens sal perfek werk.”
Morey stel ook voor dat ‘n landmerk in die voorgrond ‘n goeie idee is, maar nie te naby nie aangesien jy ‘n probleem sal ondervind om die maan in fokus te kry.
“Neem die foto op ‘n afstand sodat die maan nie te klein voorkom nie”, is sy kundige raad.
Peter Morey nooi die gemeenskap uit om hom gerus te skakel indien hulle fotografie navrae het.
Skakel hom gerus op 082 551 2323.
Sal ‘n fotografie kursus deur Morey welkom wees in Tzaneen?
Epos gerus: bertus@herald.co.za
Wie weet, dalk is die bekroonde fotograaf binnekort hier in ons geweste om ons almal touwys te maak vir daardie wen en perfekte kiekie kliek.



