Local newsNews

Ina, ‘n legende in ons midde

Op 73 is daar steeds geen keer aan Ina se entoesiasme en energie nie.

Haar ouers het gedink as kind was daar fout met haar want Ina van Schalkwyk wou nie pop speel en koekies bak soos ander dogtertjies nie.

Nee sy wou prentjies teken en het reeds van driejarige ouderom af, haar daarmee besig gehou.

Gebore in Vereeniging in 1945, het Ina in ‘n liefdevolle huis groot geword en het gedurende haar hoërskool loopbaan tot in haar vroëe twintigerjare, haar hand aan verskeie vorme van kuns geleen.

Haar ouers het aan Ina die geleentheid gebied om formele onderrig te ondergaan maar sy het dit van die hand gewys omdat sy oortuig was dat dit slegs ‘n stokperdjie was en sou bly.

Nadat sy bekendgestel is aan olieverfkuns en dié haar passie geword het, het Ina geeksperimenteer met verskillende tegnieke en haar eie unieke styl ontwikkel.

Op die ouderdom van 37 het Ina besluit om kunsklasse aan te bied en het op versoek portrette begin skilder.

Die skoonheid van die natuur was haar nog altyd na aan die hart. In die middel tagtigejare hou sy ‘n uitstalling met die wildlewe van Suid Afrika as tema wat bestaan het uit meer as tagtig kunswerke.

Sy begin ook ‘n matweef fabriek waar sy vroue van landelike gebiede werksgeleenthede gebied het.

Elke mat wat vervaardig was, het net soos met haar kunswerke haar uniek styl uitgebeeld.

Ina het in George’s Vallye vir haar ‘n tuiste geskep en het dit dmv nog ‘n passie van haar nl. tuin maak ‘n klein paradysie omskep. Sy het vir haar ‘n huis en ateljee gebou op haar plaas met stene waarvan sy ‘n sekere aantal self gemaak het.

Op 73 is daar steeds geen keer aan Ina se entoesiasme en energie nie en het sy vanjaar alreeds oor die honderd kunsklasse regoor die land aangebied.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button