Local newsNews

Tzaneen VLU word 50

Die aanbieding van die 23ste konferensie van Koraalstreek VLU op 7 Maart vanjaar was deel van Tzaneen VLU se vyftigste verjaarsdagviering.

DIE Tzaneen Vroue Landbou Unie (VLU) is op 16 Julie 1968 gestig en het bekend gestaan as die Ngwanatsi-Vallei tak. In 1994 is dit herdoop na die Tzaneen VLU.

“Om saam te kom, is ’n begin; om saam te bly, is vooruitgang; om saam te werk, is sukses”. Dit was die woorde van die destydse streeks voorsitter, wyle Jo Lubbe tydens die stigting van die genoemde tak.

Die tak vaar baie goed op streek en provinsiale vlak met kompetisie artikels, en deur die jare het vele lede van Tzaneen VLU op die streek en provinsiale bestuur gedien.

Die aanbieding van die 23ste konferensie van Koraalstreek VLU op 7 Maart vanjaar was deel van Tzaneen VLU se vyftigste verjaarsdagviering.

Die kersie op die koek was die taklede se heerlike saam eet en kuier op 17 Julie.

Tzaneen VLU vergader die derde Dinsdag van die maand (Desember uitgesonderd) in die kerksaal van die Evangelies Gereformeerde Kerk in Adshadestraat. Gaste is welkom by hulle vergaderings. Skakel Ina Kruger (0829641900) vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button