Local newsNews

TZANEEN: Hannes oes gesogte Agri toekenning in

Hannes Wolvaardt (30) is gekroon as Agri Limpopo se jong boer van die jaar 2018.

‘n Plaaslike jong boer se insig, toewyding en deursettingsvermoë het aan hom’n gesogte toekenning besorg.

Hannes Wolvaardt (30) is pas gekroon as Agri Limpopo se jong boer van die jaar.

Van links: Jolene Wolvaardt, Hannes Wolvaardt en Riaan Wolvaardt.

Die oud-Vossie het algemene landbou aan die Tswane Universiteit van Tegnologie (TUT) studeer en boer nou sewe jaar lank met soet rissies (greenpeppers). “Soetrissie is ‘n hoëwaarde produk wat op ‘n relatiewe klein area verbou kan word, en binne drie maande begin om konstant te produseer wat dit finansieël lonend maak,” het Wolvaardt aan die LETABA HERALD gesê.

Lees: Milaan is SA se boer van die jaar

Elf hektaar word tans onder nette verbou en vyf hektaar in die opelug, op sy plaas in die Letsitele omgewing. Wolvaardt skryf sy sukses toe aan “harde werk en deursettings vermoë” en ook aan die ondersteuning van sy broer Riaan en die se vrou Jolene wat aandeelhouers is in die boerdery en ook sy verloofde Caela met wie hy binnekort in die huwelik tree.

“Ek het glad nie verwag om te wen nie,” het Hannes aan LETABA HERALD vertel.

So lyk Limpopo se jong boer van die jaar, Hannes Wolvaardt.

Op ‘n vraag of hy bekommerd is oor die huidige stand van landbou in Suid Afrika het hy geantwoord: “Baie mense is bekommerd maar daar is baie goeie geleenthede in die landbou bedryf, ‘n mens moet net ‘oopkop’ wees.”

“Boere wat bekommerd is en die bedryf verlaat, skep weer geleenthede vir ander” het hy gesê. Kool, botterskorsies en lemoenpampoene word ook geplant en volgende jaar September word die eerste sitrusbome in die grond gedruk.

Tans boer hulle op 46 hektaar met ‘n addisionele 25 hektaar wat bygehuur word.

Wolvaardt se toekoms wens is om uit te brei in sitrus verbouing om die wisselvalligheid van die vars produkte mark uit te balanseer. Welgedaan Hannes, boer so voort.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button