Local newsNews

Sekuriteits beampte red kind van verdrinking

"EK was net op die regte tyd op die regte plek."

So vertel Christo van der Heever, sekuriteits offisier van Letaba Alarms wat Sondagmiddag ‘n seuntjie wat byna verdrink het gered het. Van den Heever het Sondag in die omgewing van Harry Dillystraat gery met skofwisseling.

‘n Vrou het hom gestop en gesê dat twee kinders in die swembad geval het en dat die seuntjie verdrink het. “Ek het gestop en na die swembad gehardloop, die meisie van ongeveer agt jaar oud was ok, maar die seuntjie het bewusteloos gelê. Ek het dadelik noodhulp toegepas en kompressie op sy bors uigeoefen, hy het begin water op hoes en ek het dadelik met hulle na Van Velden Hospitaal gejaag,” vertel hy.

“Ek was net betyds. Ek was net op die regte tyd op die regte plek.” Hy vermoed die seuntjie is tussen vier en ses jaar oud. Van der Heever het die twee Maandag in die hospitaal besoek.

“Hulle is beide gestabaliseer. Die seuntjie het met my gepraat maar die meisie is nog skaam.”

‘n Veer in die hoed vir Van der Heever. Ouers word gemaan om toe te sien dat daar toesig is wanneer kinders in swembaddens baljaar. Dié voorval kon op ‘n tragiese nood geindig het

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button