Local newsNews

TZANEEN: Ou wiele sluit die jaar af

'n Rustige atmosfeer het geheers onder die skadu van 'n groot koelteboom en daar was heerlik saam gekuier en geëet.

Die Yestercars Lowveld Motorklub vir klassieke en veteraan motors het Sondag hul jaareind-funksie in Haenertsburg aangebied.

‘n Rustige atmosfeer het geheers onder die skadu van ‘n groot koelteboom en daar was heerlik saam gekuier en geëet.

Andre Albertyn se1937 DKW en Isak Norjté se 1955 Citroen, is van die oudste motors in die klub met Danie Jacobs se Chrysler wat ongetwyfeld een van die mooiste motors is.

Read: Toenterdae se tjorre knor-knor byeen buite Tzaneen

Hennie Smit se 1948 Chevrolet bakkie projek is amper voltooi en die Chevy behoort eersdaags gereed te wees vir die pad.

Maandelikse byeenkomste word deur die klub gehou waar die lede en hulle motors bymekaar kom vir ‘n kort rit en daarna saam gekuier word.

Die eerste byeenkoms vir 2019 vind plaas op Sondag, 20 Januarie.

Vir meer inligting skakel gerus vir Hennie Smit by 083 259 2806.

Miems Gouws en Danie Jacobs was van die lede wat die funksie bygewoon het.

 

Kos uit die boonste rakke is voorgesit en is deur almal geniet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button