Editor's choiceLocal newsNews

Modjadjiskloof: Gesin in nood na vlammehel huis verwoes

Die gemeenskap se hulp word gevra vir die Denheldleroy gesin.

Die Denheldleroy gesin van Duiwelskloof se huis is Vrydag, 19 Januarie  in ‘n brand verwoes.

Foto verskaf

“Angelique was saam met haar dogter Alicia by Laerskool Duiwelskloof se atletiek-byeenkoms.  Alicia het rook in die lug gesien en vir haar ma gesê hulle huis brand. Angelique se man, Rudie het haar kort daarna geskakel en vertel dat hulle huis brand. Die rook en vlamme was so erg dat sy niks kon doen of enige iets kon red uit die huis nie. Die brandweer het lank gespook om die vuur te blus. Hulle het alles verloor, hulle het letterlik net die klere aan hulle lywe oor. Die kinders se skool tasse, boeke en skool klere is ook alles tot nuut,” het Lientjie Marx aan Letaba Herald vertel.

Lees: TZANEEN: Hotel verwoes in vlammehel

Die gemeenskap se hulp word dringend gevra om die gesin by te staan met skenkings.

Foto verskaf

“Enige hulp en goedere sal waardeer word,” is Marx se pleidooi. 

Foto verskaf

Afleweringspunte: Laerskool Duiwelskloof Skoolsaal, Lowveld PPE Solutions & Creative Embroidery 28 Pompagalana Tzaneen.

Vir enige navrae skakel: 083 273 2381.

Lees: Fire will not stop the ‘heartbeat of Letsitele’

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button