Local newsNews

SALOV puik en uiters geslaagd aangebied by die Plasies

Die Suid-Afrikaanse Landbou Onderwysers Vereniging (SALOV) se jaarlikse kongres het vanjaar meer as 150 afgevaardigdes na Hoërskool Merensky laat stroom.

Van 30 Januarie tot 2 Februarie was AgriMerensky gasheer vir ‘n wye verskeidenheid landbou-aktiwiteite. Besoekende landboukundiges is in hartlike Plasiestyl verwelkom en geregistreer, waarna die program in ‘n asemrowende skoolsaal afgeskop het. Hoofseun, Stefan Corbett, het beïndruk en harte geroer met sy besielende openingsboodskap, wat jonk en oud uitnooi om deel te word van ‘n blink landboutoekoms in Suid-Afrika.

Magriet van der Merwe, Mark Louwies, Christo Pretorius, Schalk Corbett, Magnus Steyn en Paul Gubitz.

Warren Conradie van I3A Opleiding, Ivor Price en Kobus Louwrens van Food For Mzanzi en Dr. Antonie Geyer van UOVS het referate gelewer, waarna die verskillende vakgroepe ingelig is rondom die nuutste tendense in die landbouvakke wat by skole aangebied word. ‘n Heerlike middagete, geborg deur Allesbeste Padstal, het die innerlike versterk.

EP Nel, Voorsitter, SALOV, Joubert Fourie, Limpopo Melkery, Paul Gubitz, Merensky Beheerliggaam, Landbou, Philé van Zyl, oud-Plasie, ZZ2, Magnus Steyn, Merensky Skoolhoof en Albert Loubser, Plaas Media.

Die middag is ingelei met ‘n aanbieding deur Mark Hassenkamp van Future Food, waarna praktiese aanbiedings bygewoon is rondomdie enting van Macadamias, ‘n Felco-gereedskap demonstrasie en ‘n avokadoboordbesoek.

Die genotvolle en leersame dag is afgesluit by die gewilde Safari Pub & Grill net buite Tzaneen.

Op dag twee het drie stampvol busse vertrek om afgevaardigdes na verskeie rolspelers in die plaaslike landbousektor te neem vir eerstehandse blootstelling aan die bedryf.

ZZ2 se mark, avokadoboord en Romanita tamatielande, veeafdeling, Grootboom en Natuurboerdery Sentrum, asook Rietpol Pakhuis is besoek.

‘n Uiters geslaagde SALOV 2019 is afgesluit met ‘n dinee by Letaba River Lodge waar Phile van Zyl van ZZ2 en Albert Loubser van Plaasmedia as gassprekers opgetree het. Almal is dit eens dat die Agri-span by Hoërskool Merensky ‘n klop op die skouer verdien.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button