NewsSchools

TZANEEN: Larries presteer in atletiek

Op die dag behaal die Larries 22 eerste plekke, 13 tweede plekke en 10 derde plekke.

Laerskool Tzaneen het die voorreg gehad om die Mopani atletiek kampioenskappe op eie bodem aan te bied. Dit was ‘n groot sukses met oor die 700 skole wat betrokke was.

Die Larries het uitstekend presteer en nog 32 atlete gaan aan 44 items deelneem by die Limpopo Kampioenskappe wat plaasvind op Vrydag, 8 Maart.

Ndzalo Makhubele, seuns O/10, was aangewys as die beste baan atleet vir sy wen in die 70m hekkies.

Hy behaal 918 punte op die ASA tabel.

Leandré de Lange, dogters O/10, was ook die beste baan atleet in die 70m hekkies.

Sy behaal 812 punte op die ASA tabel.

Megan-Lee Mans is aangewys as Senior Victrix Ludorum van die dag en behaal 2317 ASA punte in die drie items waaraan sy deelneem.

Die Ritavi cluster is aangewys as die beste cluster.

Op die dag behaal die Larries 22 eerste plekke, 13 tweede plekke en 10 derde plekke.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button