Local newsNews

TZANEEN: Wat jy moet weet van ssssslanggaste

Enige iemand wat deur die slang gepik word moet so gou moontlik mediese behandeling ontvang.

‘Onwelkome slanggaste’ in Tzaneen inwoners se wonings het daartoe gelei dat LETABA HERALD by plaaslike slangkenners Gideon Vorster en sy vennoot Raymond Rees gaan kers opsteek het.

Die beste behandeling teen ‘n slangbyt is sekerlik om nie gepik te word nie.

“Probeer ‘n slangbyt voorkom deur stadig en rustig weg van die slang af te beweeg,” beveel Gideon aan.

Gideon en Raymond het onlangs 14 Wipneus Kobra’s gevang, in die Tzaneen omgewing.

Infographic created by Nicola Jansen van Vuuren, Letaba Herald.

‘n Neurotoksiese slang wat spierverswakking, verlamming en asemhalingsprobleme veroorsaak.

Enige iemand wat deur die slang gepik word moet so gou moontlik mediese behandeling ontvang, volgens Gideon.

Slange wat gevang word, word gewoonlik in ‘n natuurreservaat buite Tzaneen vrygelaat deur Gideon en Raymond.

Hulle lewer die diens vrywillig en geen vergoeding word gevra nie.

“Slange kom meer voor na die reën seisoen. Omdat hulle koudbloedig is, soek hulle na hitte in die sonlig,” het Gideon verduidelik.

Slange in Tzaneen is meer aktief vanaf Januarie tot April.

Skakel gerus vir Gideon by 082 704 1814 of Raymond by 083 258 5537 vir enige ‘onwelkome slanggaste’.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button