NewsSchools

Vossie Black Caps stap weg as oorwinaars

Die Vossies se 1ste krieketspan stap weg as die Coca-Cola oorwinnaars van die T20-kompetisie.

Coca-Cola Beverages het Die Hoërskool Ben Vorster op 25 April besoek om erkenning aan hul 1ste krieketspan te gee wat vir die 2de jaar in ‘n ry die Limpopo Nasionale Skole T20-kompetisie gewen het.

Hul het sodoende ook die wengeld van R30 000 gewen.

Die Black Caps van Die Hoërskool Ben Vorster het Hoërskool Merensky in die Limpopo Finale gewen en deurgedring na die semifinale teen Hoërskool Waterkloof. Ongelukkig moes die Black Caps die knie buig teen Hoërskool Waterkloof.

Chester Mudau, bemarkingshoof van Coca-Cola, het ‘n krieketsak vol oefen-apparaat aan Johan Harms, kaptein van die 1ste span oorhandig.

Hulle het ook koue verversings vir die spelers asook aan leerlinge van Die Hoërskool Ben Vorster uitgedeel.

Die krieketspelers en leerlinge van Die Hoërskool Ben Vorster bedank mnr. Mudau vir hul ondersteuning en goedhartigheid.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button