MunicipalNews

Tzaneen: Hulle sit die stop terug

Vyf nuwe stoptekens is deur Afriforum aan die munisipaliteit geskenk.

Die inisiatief vorm deel van hulle AnkerdorpPadskou-projek waar hulle deur die maand van Julie verskeie aksies beplan om ‘n verskil in die gemeenskap te weeg te bring.

In nie minder as twee weke, is vyf stoptekens in Tzaneen gesteel, by die stop by Golden Acres, in Gilliland straat, Essenhout straat, Danie Joubert straat en Pusela straat en is volgens Derick Henning van die GTM ‘n voortsleepende probleem.

“Daar word vermoed die stoptekens word gesteel vir skrootmetaal. Om dit te vervang beloop ongeveer R1000 stuk,” het Henning gesê.

Henning het voorts vertel dat dit sy verstand te bowe gaan hoe die booswigte dit regkry. “Ons gooi sement, maar hulle steel die stoptekens met sement en al uit.” Toegee-tekens blyk glo ook in die visier van die boosdoeners te wees. Straat-naamborde word ook nog steeds gesteel, maar daar word glo nou gekyk om die straatname op die randstene te verf, ‘n inisiatief wat blykbaar vrugte afwerp in Middelburg.

Dit behoort die probleem met straat-naambord diefstal hok te slaan. ‘n Hele paar projekte word nog beplan vir die res van Julie maand in die Tzaneen omgewing.

AfriForum se #AnkerdorpPadskou is ’n veldtog waartydens hoop in dorpe landwyd geskep word deur verskeie gemeenskapsaksies wat ’n positiewe verskil maak.

‘n Skoonmaak aksie langs die treinspoor in Modjadjiskloof, Jetty 3 in Tzaneen en skoleveiligheid-oudits is waarna inwoners ook nog kan uitsien.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button