Local newsNews

TZANEEN: Weer ‘n ligte aardbewing in ons omgewing

'n Ligte aardskudding het Dinsdagaand, 9 Julie inwoners in die Letsitele/Tarentaalrand omgewing laat regop sit.

Op sosiale media het inwoners dadelik begin uitvis wie dit nog moontlik gevoel het. Mahlatse Mononela, woordvoerder van die raad vir Geo-wetenskappe, het aan Letaba Herald bevestig dat ‘n ligte aardskudding 2.5 op die Rigterskaal geregistreer het.

Die aardbewing wat omstreeks 21:02 plaasgevind het was 13.4km onder die oppervlakte en het oor ‘n afstand van 10.1km gestrek.

Dit is nie die eerste keer dat ‘n ligte aardbewing in ons geweste gevoel word nie.

Lees: Letsitele aardbewing laat die gemeenskap gons

Inwoners van regoor die Letsitele gebied het op 15 Augustus 2015 vibrasies gevoel.

Die aardbewing was vroeg die Donderdagoggend om omstreeks 06:53. Die spesifieke skudding het 1.9 op die Richterskaal geregistreer, die diepte was 5.0km en die lengte 3.3km.

Lees: Light earthquake felt in and around Tzaneen

Die aanvanklike vermoede was dat dit ondergrondse ontploffings by die Maranda myn kon wees.

Michelle Grobbelaar van die Raad vir Geo-wetenskappe het toe aan Herald gesê, ontploffings sal nie dadelik ‘n aardbewing veroorsaak nie.

“Dit plaas egter spanning op die ondergrondse rotslae wat later in voelbare vibrasies kan ontaard,” het Grobbelaar toe bevestig.

Alles het daarop gedui dat destyds ook ‘n aardbewing was.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button