Die Vossies se O/15-netbalspan het op 3 Augustus aan die Kay Motsepe Limpopo Kampioenskappe deelgeneem by PHS.
Die meisies se poelwedstryde was: Hoërskool Frikkie Meyer, Hoërskool Ben Viljoen en PHS.

Die meisies het van hul wedstryde oortuigend gewen, maar ongelukkig teen PHS vasgeval.
LEES: HOEDSPRUIT: SCS planting seeds of hope on Mandela Day
In die halfeindstryd teen Hoërskool Noordeland wat ‘n uitdagende en fisiese wedstryd was, het Hoërskool Noordeland met een punt teen die Vossies gewen.

Die span het gelukkig ‘n oortuigende wen teen Hoërskool Ellisras gehad en is bekroon met ‘n derde posisie in Limpopo.
Die skool is trots op hulle wat hul goeie karakter behou het.



