NewsSchools

Sumari praat ‘n hond uit ‘n bos

Sumari was een van 26 sprekers wat in hierdie finaal haar sê gesê het.

Sumari Vorster neem deel aan die Nasionale ATKV Redenaarskompetisie by Goudini Spa in die Kaap.

Die kompetisie het op 1 Augustus plaasgevind.

Haar voorbereide toespraak se tema was ‘Dans’ en sy het met die onderwerp ‘Ongesonde kompetisie in die klaskamer laat die poppedans’, die gehoor oortuig dat kompetisie vir die sportveld verruil moet word.

In haar onvoorbereide toespraak, waarvoor sy slegs 90 min voorbereidings tyd kry, is aan haar gevra of skool klere afgeskaf moet word, ja of nee en hoekom?

LEES: Gold for Plasie archers

Sumari is van mening dat skoolklere afgeskaf moet word en sy het die gehoor aan die hand van die volgende drie argument oortuig van haar standpunt.

1. Die skrif is aan die muur, skoolklere is vir ouers te duur.

2. Skoolklere vorm wel ‘n eenheid, maar bring nie samehorigheid onder skoliere nie.

3. Skole wat verskillende sportklere, leierklere, koordrag en wie weet wat nog alles het, lyk soos ‘n reënboog-nasie en daar heers onenigheid onder diegene wat nie goed genoeg vir ‘n sportspan is nie.

Sumari was een van 26 sprekers wat in hierdie finaal haar sê gesê het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button