Van onskatbare waarde vir gemeenskap
Onbaatsutig, op haar spesiale staatmaker manier, het Melissa net ‘n gawe om filantropies haar deel te doen vir die gemeenskap.

Jy druk op haar knoppie. Maar jy hoef haar nie te vra vir hulp nie. Want sy laat die rooiligte vlikker waar hulp nodig is.
Onbaatsutig, op haar spesiale staatmaker manier, het Melissa net ‘n gawe om filantropies haar deel te doen vir die gemeenskap.
Bertus de Bruyn het gesels met die juweel van ‘n kroon-hart, kompleet met ‘n edelsteen waarby geen karaat naastenby kan kers opsteek nie. Van onskatbare waarde. ‘n Kruk vir die gemeenskap. Dit is Melissa Strydom, ons eie Moeder Theresa. Nie net daar vir die gemeenskap op haar beskeie manier nie maar ook vir eggenoot Tommie (wat jag vir ‘n lewe op Munnik, en ma van Megan (16) wat tans haar skoolloopbaan volg aan Hoërskool Merensky (lanboumeisie in murg en been) en dan tjokker Tommietjie (12), en trotse leerder is van Laerskool Duiwelskloof. Strydom was nog altyd daar vir haar gemeenskap, en sy antwoord net beskeie.
‘Ek weet nie hoe antwoord mens dit oor hoekom en wanneer ek met gemeenskapswerk begin het nie. Ek kan nie onthou nie, dit is maar net so en deel van mens se daaglikse lewe,’ vertel sy. Want more is seker nooit verseker nie, vir niemand nie. En sy beaam dit. ‘Die dag van more is vir niemand verseker nie, wie weet, more is ek die een wat hulp nodig het,’ lag sy daardie uitbundig lag soos almal haar ken.
Melissa is alombekend vir haar onbaatsugtige diens en soms al om die uur in haar besige skedule waar sy haar op vele terreine besig hou, en haar hande is soms vol.
Sonder moeite vir die raakvatter vrou. Wat talle sonder mal, en eintlik soms nooit die erkennig najaag of daarvoor vra nie. Nederig. ‘Iewers in die Bybel staan mos, die linker hand moet nie weet wat die regter hand doen nie. Mens moet nie ander help vir die erkenning nie, niemand hoef te weet nie. Ek verkies dit so,’ vertel sy. Melissa was vir lank betrokke by Tzaneen Care Group maar is deesdae begrafnisondernemer by Wisani begrafnisdienste. ‘Nee ek is seker maar nog steeds ‘n ‘care giver,’ lag sy weer. ‘Ek het net nou maar ‘n nuwe kantoor en nog ‘n werksbeskrywing deur die dag. Tzaneen Care Group en Wisani se waardes en integriteit is dieselfde. Ons (Care Group) stap al ‘n lang pad met Wisani, die omgee deel is amper dieselfde. By die Kanker Sentrum het ons laat pasiënte met waardigheid oorbeweeg, Wisani doen dieselfde met die laaste fase, en dis vir my so belangrik. Nou kan ek hier ook ‘n ander tipe kruk wees vir die familie wat agterbly.”
Melissa raak nie depressief oor dit wat sy daagliks sien of beleef en waar sy hulp verleen nie.
‘Die beradings gedeelte bly amper dieselfde voor en na die afsterwe van ‘n geliefde. Met baie genade van bo, moet ons die mooi daarin sien. Meer opgehewe as depressief. In ‘n donker tyd is daar altyd ‘n liggie. En haar groot (klein) hart breek ook. ‘My hart breek vir elke familie wat agterbly. Ek weet dit word nie makliker nie, maar ek glo in my hart dat elke lyfie wat aanbeweeg, nou op n baie beter plek is. Ek moet juis binnekort ‘n goeie vriend gaan sien vir n begrafnis polis. Hy is gediagnoseer met kanker ‘n paar weke terug en is reeds terminaal. Sulke goed is vir my persoonlik en baie moeilik,’ vertel sy. Maar waarom? Waarom sal enige persoon so uitgaan vir haar gemeenskap.
Soms ten koste van haarself, haar familie en uitmergelende emosie? ‘Ek het geen idee nie, dit is maar net so. Ek dink terug aan die tyd toe ek self hulp nodig gehad het met klein Tommie se oor, ‘n vreemdeling en Good Morning Angles het vir sy oor operasie betaal. Hoe awesome is dit. Daar het ek geleer, mens bid nie teen ‘n plafon vas nie. God hoor ons gebede, en ons moet leer om volkome te kan vertrou en glo. God se tyd is nie ons tyd nie. Ek weet hoe dit voel om magtelooste te wees,’ verstel sy. En as die klok eendag ook vir Melissa moet beier vertel Melissa dat Tzaneen haar moet onthou vir haar hart en haar lag, maar sy voeg by: ‘En hopenlik die manier hoe ek mense laat voel.’ Vir Strydom is daar nie ‘n vroulike rolmodel na wie sy opkyk nie, want soos sy dit stel: ‘Ek glo in myself, ek doen net tot waarin ek instaat is, niemand is dieselfde nie, al probeer ons hoe hard om in ‘n tipe boksie in te pas. Elke vrou het haar eie standaarde en moet dus haar eie rolmodel wees.
En tipies filantroop wat Melissa is, is daar darem een legende saam wie sy om ‘n tafel sou wou sit. En dit kom as geen verassing nie: ‘Moeder Maria. Ek sou wou weet hoe het sy alles gedoen sonder ophou ten spyte van struikelblokke. Wat was haar dryfkrag as sy alleen in haar kamer was en wat het haar elke oggend laat opstaan, om alles net weer van voor af te doen,’ vertel sy. Maar dit is ook nie net van inspring en help nie, want Melissa luister na ‘n fluister.
‘Baie mense misbruik ander mense se goedheid en ek dink nie dit sal ooit verander nie. Ek het ook maar op die harde manier geleer. Jy vertrou daardie klein stemmetjie binne jou en jy moet leer om te luister as die Heilige Gees fluister,’ vertel sy. Ons almal wil soms die laaste broodkrummel uitdeel waar nodig is, maar Melissa het goeie raad. ‘Die gesegde gaan mos “Charity starts at home.” Dit is so waar, en dit is waar ek is. Ek sal altyd help waar ek kan, hoe ek kan en wanneer ek kan.’
Sy voel baie sterk dat die eva geslag die wêreld kan verander en dat elke vrou ‘n super woman is.
“Elke vrou het iets spesiaal in haar binneste. Sy moet daai spesiale eienskap net laat blom en deel met ander, hetsy ‘n oor wat luister, wyse woorde om moed in te praat, of ‘n helpende hand. As elke vrou op dit fokus waarin sy goed is sal ons die wêreld kan verander. SuperWoman… Natuurlik, met min slaap, self siek en ‘n siek kind deur die nag, kry ons dit steeds reg om die volgende dag op te staan, ons gesiggies in te kleur en te gaan werk. Mans kan nie daai ding doen nie,’ lag sy weer met selfvertroue. Volgens haar het elke vrou in die gemeenskap ‘n belangrike rol. Die rol van omgee. Want dit, volgens Melissa, is hoe vrouens aanmekaar gesit is.
Mellisa gee ook raad vir inwoners wat in haar gemeenskapsdienslewering spore probeer volg.
‘Vir almal wat ek “help”, se ek altyd “Pay it Forward”. Hulle moet aanhou bid, want die Here stuur mense oor jou pad wanneer die tyd reg is.’
Vir al die vroue wat vandag Vrouedag vier het onse ‘Mother-Melissa-Strydom’ n boodksap uit haar warm hart: ‘Wees jouself. Jy is nie soos die dame in die nuwe blink sportsmoter nie, jy is jy. Moenie op jouself neerkyk nie. Jy is spesiaal en perfek en na God se beeld geskape. Jy is ‘n koningskind, lig jou kop op! Moet nooit ophou glo, vertrou en bid nie – jy bid nie teen n plafon vas nie. Jy is kosbaar vir baie om jou, glo in jouself en wees n voorbeeld vir jou kinders, hulle is ons toekoms.’