Local newsNews

Swartmamba pik slangvanger

Gideon Vorster, ‘n 21-jarige slangvanger van Tzaneen, is verlede week Donderdag deur ‘n swartmamba gepik toe hy uitgeroep is na ‘n toneel in Nkowankowa waar die slang in die dak van ‘n huis geskuil het.

“Ons het opgemerk dat die slang besig was om uit te werp en merke op het. Ons was nie seker of hy wel seergekry het terwyl hy in die dak was nie. Ons moes eers ondersoek instel voordat ons hom kon vrylaat,” sê Gideon. “Dit was ná hierdie proses dat ek deur die slang gepik is.”

Gideon sê hy is 13:40 gepik en is deur sy mede-slangvanger, Richard Max Radue wat saam met hom was, na die hospitaal gehaas. Dit was eers by die hospitaal dat hul besef het hy twee keer op die hand bygekom is. Hy is deur dr. Gary Middleton by Mediclinic Tzaneen se noodgevalle behandel en is later in die hoësorgeenheid opgeneem. Hy is Vrydagmiddag ontslaan.  

Die hand wat deur die slang gepik is.

Lees ook: Snake repellents questioned

Die Herald het verlede week oor Gideon se werk berig. “‘n Mens moet onthou dat slange wilde diere en onvoorspelbaar is en hierdie situasie was ook ‘n ongelukkige voorval buite my beheer,” sê hy. Gideon het die personeel by Mediclinic Tzaneen se noodgevalle, die hoësorgeenheid en die algemene saal bedank vir die behandeling wat hy ontvang het.

Die swartmamba wat hom gepik het.

Hy het ook vir Richard, Arno Naude en Pieter Swanepoel bedank vir hul mediese bystand. “Laastens, en die belangrikste, is ek baie dankbaar teenoor God en al die gebede,” sluit Gideon af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Emelda Tintswalo Shipalana

Tintswalo Shipalana, a journalist for the Letaba Herald, has been in the media industry for over a decade. She started her journey in radio, but ended up in print which is her first love. She joined the Herald newspaper as a cadet in 2016, where she graduated with a journalism qualification from the Caxton Training Academy. She also has a qualification in Feature Writing from the University of Cape Town and a Media Management qualification from Wits University. She is completing her BA Communication Science degree with UNISA. She sleeps well at night knowing she is a voice to the voiceless and her work contributes to promoting local talent, businesses and service delivery. Her love for her community keeps her working hard every day.

Related Articles

Back to top button