Local newsNews

Lizanne vang M-graad met lof

Lizanne Steenkamp, voormalige hoofmeisie van Stanford Lake College het onlangs haar MPhil entrepeneurskapgraad met lof geslaag

Sy het haar M-graad in die minimum vereiste periode by die Universiteit van Pretoria voltooi en het die fakulteit vir ekonomiese en bestuurswetenkskappe se dekaanslys gehaal. Haar tesis handel oor vroue-entrepeneurs in die trou-industrie en hoe hulle hul besighede aangepas het in die covid-19-inperkingstyd.

“Dit het vir my uitgestaan hoe almal ‘n plan gemaak het en ‘n manier gevind het om te oorleef. Die vroue se entrepeneurskap is gestimuleer deur die pandemie en het hulle planne op die kantlyn gemaak,” vertel Steenkamp. Steenkamp het self ook ‘n besigheid in die trou-industrie bedryf. Haar geleentheidsbeplanningsonderneming, Evoque Events, het sy in 2014 op die been gebring en het sy bykans elke naweek paartjies bygestaan om die groot dag perfek te maak. Sy het ook verskeie ander geleenthede gekoördineer.

Lees ook: Dreams do come true

“Ek het Evoque Events voor die pandemie verkoop, maar het in voeling gebly met dié industrie en my navorsing gedoen deur met vroue-entrepeneurs in die industrie te kommunikeer,” sê sy. Sy vertel ook dat sy kon fokus op haar M-graad en navorsing tydens die pandemie en dat die afstandsleeropsies by Tukkies haar veral gehelp het met die proses. Steenkamp het in Februarie vanjaar weer die plaaslike sakesektor betree en het Lizanzi, ‘n klereboutique in die Lifestyle-inkopiesentrum op Tzaneen oopgemaak.

Sy is ook reeds ingeskryf om haar doktorsgraad te doen in entrepeneurskap en beoog om dié graad ook in die minimum vereiste periode te voltooi. “Ek wil steeds aan die kwalitatiewe kant van entrepeneurskap navorsing doen en verder uitbrei op die vroue-entrepeneur self, haar invloed op klein besighede, werkers en die plaaslike en uitvoermarkte,” sluit Steenkamp af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Emelda Tintswalo Shipalana

Tintswalo Shipalana, a journalist for the Letaba Herald, has been in the media industry for over a decade. She started her journey in radio, but ended up in print which is her first love. She joined the Herald newspaper as a cadet in 2016, where she graduated with a journalism qualification from the Caxton Training Academy. She also has a qualification in Feature Writing from the University of Cape Town and a Media Management qualification from Wits University. She is completing her BA Communication Science degree with UNISA. She sleeps well at night knowing she is a voice to the voiceless and her work contributes to promoting local talent, businesses and service delivery. Her love for her community keeps her working hard every day.

Related Articles

Back to top button