Local newsNews

Avokado-uitvoere onder druk

Die Europese avokadomark is tans baie vol en pryse is onder druk, aldus Clive Garrett, voorsitter van Suid-Afrikaanse Avokado Groeiersvereniging, (SAGAA).

‘n Ooraanbod avokado’s op die buitelandse markte kan toegeskryf word aan buitengewoon groot oeste in Peru en uitvoere van Israel, Morocco en Spanje wat laat op die markte is. Avokadoprodusente in Peru het vanjaar ‘n baie groot oes gelewer en rekordgetalle uitgepak. Peru, wat hoofsaaklik die Hassvariëteit uitvoer, het die afgelope twee weke 5 597 000 (bykans 5.6 miljoen) 4kg-kartonne avokado’s gelewer aan markte in Europa en die Verenigde Koninkryk (VK).

Suid-Afrikaanse avokadoprodusente het sedert die oesseisoen afgeskop het, einde Maart reeds 8 436 000 (8,4 miljoen) kartonne uitgevoer na Europa en die VK en dit blyk dat die beramings van 15,5 miljoen 4kg kartonne in totaal uitvoer vir 2022 wel bereik sal word. Verlede week is 637 000 4kg na Europa kartonne uitgevoer vanaf Suid-Afrika en sommige produsente laat vrugte langer aan die boom hang met die hoop dat die markpryse sal verbeter.

Lees ook: Fabco works to commercialise cassava as root veggie

Die groot rolspelers wat tans avokado’s uitvoer na die Europese markte en dié van die VK sluit in Colombië, Peru en Suid-Afrika. “Die plaaslike avokadomark is ook taamlik vol, maar pryse hou onder die omstandighede relatief goed,” vertel Garrett. Die oesseisoen is reeds vir vroeë produsente verby, maar is tans in volle swang hier in Tzaneen en die Laeveld.

Limpopo en Mpumalanga verteenwoordig meer as 80% van Suid-Afrikaanse avokadoprodusente. 49% van alle avokado-plantasies in Suid-Afrika is in die Letabastreek volgens SAGAA se 2021 sensus-beramings. Daar is tans 15 439 ha avokado’s geplant in Suid-Afrika en ‘n beraamde 800 ha word per jaar addisioneel aangeplant.

Volgens Garret bly hawens steeds ‘n probleem met vertragings en uitdagings om uitvoervolumes te hanteer, maar dat vraghouertekorte nie die avokado-uitvoere hinder nie. Daar is ook gerapporteer dat daar hierdie seisoen ook vanaf Maputo se hawe avokado’s uitgevoer is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button