Crime

Eugene Mulder uit op borgtog

Die Phalaborwa-landdroshof het Maandagoggend uitspraak gelewer in die borgtogaansoek van Eugene Mulder (19).

Hy staan tereg op ‘n aanklag van moord na hy op 12 Maart in hegtenis geneem is. Mulder se borgtogaansoek was susksesvol en borgtog is toegestaan op R5 000 met streng voorwaardes.
Luidens ‘n verklaring wat uitgereik is deur die Limpopo-polisie, is Mulder in hegtenis geneem vir die moord van Hannes van Dyk (59). Van Dyk is volgens die polisieverklaring deur die beskuldigde, Mulder, na ‘n argument, aangerand.Van Dyk het later aan sy beserings beswyk.

Daar word berig dat Mulder deel was van ‘n groep jong mans wat lukraak ouer mans in Phalaborwa se kuierplekke uitsonder en aanrand, ‘n speletjie wat ‘drop ‘n toppie’ genoem word. Anita Campbell, Mulder se regsverteenwoordiger, sê dat die bewerings dat haar kliënt betrokke is by ‘n groep wat ‘drop ‘n toppie’ speel slegs ongegronde gerugte is en dat haar kliënt geensins by ‘n groepaanval
betrokke was nie.

Lees ook: Phalaborwa: ‘K-word’ lady in court

Volgens Campbell het die ondersoekbeampte tydens die borgtogaansoek erken dat dit slegs gerugte is en dat hy nie tans in besit is van enige bewyse wat die bewering staaf nie. Campbell het bevestig dat Mulder weer op 8 Mei in die hof sal verskyn. Marian Potgieter, eienaar van Royal Bliss Bar, het bevestig dat die kroeg beboet is na die insident.

“Indien daar weer so ‘n oortreding is gaan hulle die plek toemaak. Die moeilikheidmakers is en bly verban,” het Potgieter verduidelik.
“Dit bly die verantwoordelikheid van die eienaars van ‘n kroeg om seker te maak dat die perseel nie ‘n broeiplek vir kriminele aktiwiteite word nie. Die polisie sal die nodige stappe teen die eienaar neem waar die insident plaasgevind het,” het brig. Malafela Mojapelo, polisiewoordvoerder gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Emelda Tintswalo Shipalana

Tintswalo Shipalana, a journalist for the Letaba Herald, has been in the media industry for over a decade. She started her journey in radio, but ended up in print which is her first love. She joined the Herald newspaper as a cadet in 2016, where she graduated with a journalism qualification from the Caxton Training Academy. She also has a qualification in Feature Writing from the University of Cape Town and a Media Management qualification from Wits University. She is completing her BA Communication Science degree with UNISA. She sleeps well at night knowing she is a voice to the voiceless and her work contributes to promoting local talent, businesses and service delivery. Her love for her community keeps her working hard every day.

Related Articles

Back to top button