CrimeLocal news

Diewe slaan toe op sakeondernemings

Verskeie plaaslike besighede op Tzaneen het die afgelope naweek onder diefstal en inbrake deurgeloop.

Daar word vermoed dat ‘n sindikaat agter die inbrake is, siende dat die diewe toegang tot die besighede se persele verkry het deur deur die dak in te breek. Volgens Kobus van Heerden, ‘n finansiële adviseur by PSG Wealth op Tzaneen, het die diewe Saterdagaand op by hul sakeperseel toegeslaan. “Die diewe het deur die dak geklim,” vertel Van Heerden. “Hulle moes presies geweet het waar om in te kom om die alarmsisteem te deaktiveer,” sê hy.

Van den Heever en sy kollegas het Maandagoggend met ‘n skok besef dat hul kantoor reg oorkant Laerskool Tzaneen se ingang in Agathastraat, beroof is. “Hulle het alles gesteel, skootrekenaars, skerms, grootskerms, melk, suiker, eetgerei en selfs die toiletpapier,” sê Van Heerden. Vrydagaand het diewe met dieselfde modus operandi by Joubert & May Attorneys in Boundarystraat toegeslaan. Een van die vennote het egter Saterdag by die kantoor stilgehou en besef dat daar ingebreek is.

Een van die kantore wat geplunder is.

Lees ook: Audacious Tzaneen thief not yet caught

“Dit is die vierde of vyfde keer in vyf jaar wat ons besteel word. Ons vermoed die inbraak het iewers na middernag plaasgevind,” sê Johan Jacobsz, vennoot by Joubert & May. “Ek het Saterdag by die kantoor gestop en gesien die kabels is geknip en dat daar deur die dak ingebreek is. “Tydens ‘n vorige inbraak het die diewe die Vrydagaand ook deur die dak ingebreek en het hulle oor die naweek ons heeltemal leeg gesteel.

“Ek vermoed dat ek die diewe se planne in die wiele gery het deur Saterdag daar op te daag en die inbraak aan ons sekuriteitsmaatskappy te rapporteer.” Volgens Jacobsz het hulle in ‘n vorige inbraak tussen R600 000 en R700 000 se skade gely. Die Herald is bewus van nog twee besighede op Tzaneen wat die naweek besteel is. Kol. Phoyisa Zitha van Tzaneenpolisiestasie sê dat daar geen besigheidsinbrake gerapporteer is ten tye van die Herald se navrae Dinsdagoggend nie.

“Sake moet oopgemaak word om seker te maak ons misdaadanalises is korrek wanneer ons misdaadvoorkoming beplan. “As ons weet dat ‘n spesifieke area geteiken word deur misdadigers kan ons voertuie en polisiebeamptes stuur om te patrolleer asook vir stop-en-deursoekveldtogte,” sê hy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Emelda Tintswalo Shipalana

Tintswalo Shipalana, a journalist for the Letaba Herald, has been in the media industry for over a decade. She started her journey in radio, but ended up in print which is her first love. She joined the Herald newspaper as a cadet in 2016, where she graduated with a journalism qualification from the Caxton Training Academy. She also has a qualification in Feature Writing from the University of Cape Town and a Media Management qualification from Wits University. She is completing her BA Communication Science degree with UNISA. She sleeps well at night knowing she is a voice to the voiceless and her work contributes to promoting local talent, businesses and service delivery. Her love for her community keeps her working hard every day.

Related Articles

Back to top button