Local news

God’s Haven sluit hul deure na sewentien jaar

Die sorgsentrum vir bejaarde persone op Tzaneen, God’s Haven, gaan na sewentien jaar hulle deure aan die einde van Augustus sluit.

Dié besluit is wat sowat twee weke gelede deur God’s Haven se raad onder God’s Haven van Johann Potgieter geneem nadat die sentrum nie meer kan byhou met kostes om so ‘n fasiliteit te bedryf nie. Potgieter het verlede week aan die Herald bevestig dat alle partye rakende die sluiting gekonsulteer en ingelig is oor die besluit. God’s Haven is ‘n nie-winsgewende vereniging (NPO) wat afhanklik is van die bydraes van inwoners op ‘n gegewe tyd asook skenkings van individue, instansies en die gemeenskap.

Hulle moes onlangs hul tarief vanaf R10 000 per maand na R14 000 per maand per inwoner verhoog. Die sentrum kon twintig inwoners huisves, maar het meestal net ongeveer sestien mense gehad. Ten tye van die besluit was daar net nege inwoners. Boonop het nog inwoners besluit het om die sentrum te verlaat nadat die tariefverhoging deurgegee is.

Om te voldoen aan regulasies vanaf die departement van sosiale ontwikkeling (DSD), moet God’s Haven te alle tye negentien werknemers of versorgers in diens hê wat tot ‘n aansienlike hoë loonrekening lei. Potgieter het aan die Herald gesê dat die finansiële situasie fluktueer van maand tot maand soos wat inwoners kom en gaan of afsterwe terwyl die kostes dieselfde bly. Kort voor die besluit het bekende inwoners, Henk en Linda Mienie, wat al sedert 2010 by die sentrum betrokke is nadat Linda se ma daar versorg is, verskeie pogings aangewend om die sentrum te red.

Lees ook: FOTOS: KW North ryk uit en bederf God’s Haven in Tzaneen

‘n Skarebefondsingsprojek waarin ‘n beroep op inwoners gedoen is om ‘n bedrag van R100 per maand-aftrekking aan die sentrum te skenk, kon nie van die grond af kom nie. Mienie het toe aan die Herald gesê dat dit ‘n geloofsaak en ‘n lewensdroom van hom en Linda was om die sentrum op ‘n gesonde finansiële voet te kry en na te laat. Hy het ook gesê dat daar dikwels tye was wat hulle geldprobleme in die oë gestaar het, maar dat daar altyd ‘n uitweg was.

Potgieter het gesê dat die sluiting ‘n leemte laat in die gemeenskap, maar dat inwoners waarskynlik ‘n heenkome sal kan vind by Goue Jare in Modjadjiskloof wat versorging nog teen R10 000 per maand kan aanbied. Hy sê dat volgens regulasies rondom NPO’s, sal die bates soos die beddens waarskynlik verkoop kan word om die sluiting te fasiliteer. Die perseel van 400 vk/m in Sirkelstraat het ‘n maandelikse verband van R9 000 op.

Die perseel was sedert 2005 gehuur van die Tzaneen-inwoners, Deon en Carina Prinsloo, op voorwaarde dat God’s Haven die maandelikse verband betaal en alle herstel en onderhoud moes doen. Dis nog onseker wat van die perseel sal word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button