Local news

Kragrekeninge kwel kliënte

Inwoners op Tzaneen is ongelukkig omdat hul maandelikse elektrisiteitsrekeninge nie ooreenstem met die meterlesings wat gedoen word nie.

Elektrisiteitsrekeninge wat deur die Groter Tzaneense Munisipaliteit (GTM) uitgestuur word en nie ooreenstem met die meterlesings nie bly ‘n kwelpunt vir inwoners en besigheidseienaars. ‘n Besigheidseienaar en inwoner van die dorp wat anoniem wil bly sê dat sy bykans elke maand na die GTM moet gaan om kragrekeninge uit te klaar. “Mens kan nie inbel nie want die telefone lui net sonder dat iemand antwoord. So dan moet ek fisies elke maand na die GTM gaan om rekeninge uit te sorteer,” vertel die besigheidseienaar.

Die anonieme besigheidseienaar is bewus van sowat tien inwoners van Aqua Park wat dieselfde probleme met hulle elektrisiteitsrekeninge, maand na maand, ervaar. “Die rekeninge is elke maand verkeerd en stem nie ooreen met die lesings op die meters nie. Die lesings wat daar is, is ook nie die regte lesings nie,” sê die besigheidseienaar. Sy gee wel ‘n pluimpie aan die personeel by die GTM wat help om die foutiewe rekeninge uit te sorteer. “Die personeel is vriendelik en behulpsaam, maar dit bly frustrerend om elke maand ‘n paar ure by die GTM te spandeer oor dieselfde foutiewe rekeninge,” verduidelik sy.

Lees ook: Tzaneen municipality spends R8 million on overtime in three months

Volgens die besigheidseienaar is daar tydens haar vorige besoek aan die GTM om rekeninge uit te sorteer beloftes deur personeel gemaak dat daar mense aangestel gaan word om voortaan die kragverbruiklesings te neem. Woordvoerder vir die GTM, Vutivi Makhubela, het aan die Herald bevestig dat die GTM die lees van kragmeters tans kontrakteer aan ‘n maatskappy en dat die meterlesings dus nie deur GTM-werknemers gedoen word nie.

“Ons sal ondersoek instel om die probleem te identifiseer en navraag doen by die kontrakteur rakende foutiewe lesings. Ek sal dan addisionele terugvoer kan gee,” het Makhubela gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button