Local news

Geliefde inwoner sterf in hoësorgeenheid na infeksie

Christa Koekemoer (49), eienaar van Hairfusionsalon en ‘n inwoner van die Letsitele-omgewing is op 8 Oktober in Unitas-hospitaal se hoësorgeenheid oorlede na sy vermoedelik ‘n ernstige longinfeksie gehad het.

Sy was vir vier weke in die eenheid voor haar afsterwe. “Ons was glad nie voorbereid op jou skielike heengaan nie. Jy was bemind onder ons familie, vriende en in die gemeenskap. Sy was altyd vol vreugde en het alles aangepak met oorgawe,” sê Gerda Swanepoel, haar suster. Familie en vriende het Vrydag by NG Kerk Wolkberg onder leiding van Dr Jan Truter haar lewe gevier.

Sy word oorleef deur haar broer Chris Koekemoer en skoonsuster, Annatjie Koekemoer, suster Gerda Swanepoel en swaer, Johan Swanepoel asook haar kleinneefs en kleiniggies, Chenique, Janco, Chrizaan en Christo en agterkleinniggies en agterkleinneefs, Mirandie, JJ en Stiaan. Christa het ‘n aansteeklike lag en meegevoel vir haar medemens gehad. Sy was ‘n dogter van Letsitele en het haar skooljare by Laerskool Dr Annecke en Hoërskool Ben Vorster deurgebring.

Lees ook: Oud-skoolhoof sterf op sy fiets in fratsongeluk

Sy was die skakelbeampte van die Letaba Tzaneen Lionsklub en het geleef om ‘n verskil te gemaak in die groter Tzaneenomgewing. Christa was die dryfveer agter verskeie liefdadigheidsprojekte oor die jare en by die salon was daar altyd ‘n kaartjie, lootjie of ‘n Lions-kerskoek te koop. Sy het sowat tien jaar gelede ‘n Cansa Shavathon met die hulp van medehaarkappers vanuit haar salon gedryf.

Die jaarlikse Dine in the Darkliefdadigheidsgeleentheid ten bate van Bright Sight, ‘n Lionsklub-projek wat mense help om brille te kry en sodoende hulle sig te herstel, was haar breinkind. Duisende rande is met die projek se kaartjieverkope en blinde veilings oor die jare ingesamel en honderde mense is deur die projek gehelp. Volgens Bryan Hyland, president van die Letaba Tzaneen Lionsklub sal vanjaar se Dine in the Dark op 27 Oktober aan Christa toegewy word. Vir meer besonderhede skakel hom op 084 582 0086.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button