Local news

Tzaneen Rally bedank die gemeenskap

Die Tzaneen Rally-komitee het verlede week hul borge en ondersteuners tydens 'n geleentheid op Tzaneen bedank.

“Dit vat ‘n gemeenskap om ‘n tydren aan te bied en Tzaneen se wedren was vanjaar een vir die boeke. Die deelnemers het dit as die beste tydren van die jaar uitgesonder,” het organiseerder, Theuns Viljoen gesê. Die komitee het ook grondeienaars wat hulle eiendomme beskikbaar gestel het, bedank.

Hans Merensky Holdings, wat ‘n pad van 1km gebou het sodat toeskouers die snelren kon besigtig, is uitgesonder. Hulle het ook André Liversage van die Groter Tzaneense Munisipaliteit bedank, asook NTT Toyota, Honda en Isuzu vir die titelborgskap.

Lees ook: Excitement rises for upcoming Tzaneen Rally

Die sekuriteitsmaatskappye, Large Sekuriteit, Northern Sekuriteit en Letaba Sekuriteit is hulle spanwerk om toeskouers en deelnemers se veiligheid te verseker, geloof. “Ons wil graag aanhou om elke jaar ‘n tydren hier op Tzaneen aan te bied. Dankie aan elkeen vir hul bydrae,” het Viljoen gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button