Local news

Na 6 jaar bring rioolpompstasie verligting vir Tzaneen

Tzaneen se rioolpompstasie is in die proses van herstel na kriminele aanklagte teen die Muni Bestuurder en sal verligting vir die omliggende gemeenskap bring.

TZANEEN – Dit het ses jaar en kriminele klagtes teen die munisipale bestuurder van die Groter Tzaneense Munisipaliteit geneem om een van Tzaneen se rioolprobleme uit te sorteer.

Die DA se rdl. Chrisma Bredenkamp het in April vanjaar kriminele klagtes van besoedeling van water en grond by die Tzaneen-polisiekantoor teen die munisipale bestuurder, Donald Mhangwana, gelê.

Dit het verband gehou met die vervalle rioolpompstasie wat agter Best Drive-bande in Claude Weathleystraat geleë is en daartoe gelei het dat rou riool oor Unity Primêre Skool se gronde geloop het.

‘n Sloot was vanaf die stukkende pompstasie gegrawe wat tot in rivier geloop het.

In April, toe Bredenkamp die klagtes teen Mhangwana gaan lê het, was die perseel rondom die rioolstasie nog so oorgroei dat toegang bykans onmoontlik was. Dit was gevandaliseer en die pompstasie het vir die laaste ongeveer ses jaar nie gewerk nie.

Na afloop van die klagte is ‘n gesamentlike oorsigbesoek deur die burgemeester, Gerson Molapisane, Ben van Coller van die Mopani Action Citizens-groep asook Bredenkamp gedoen.

Terwyl die dossier van die saak tans nog by die vervolgingsgesag vir besluitneming lê, is die terrein intussen skoongemaak, ‘n nuwe pompstasie gebou, en beveilig met ‘n heining en sekuriteitspersoneel.

Bredenkamp het aan die Herald gesê hoewel dit nie die enigste pompstasie is wat nie werk nie, is daar minstens vordering.

Nog ‘n groot rioolprobleem is by Jetty 3 waar riool direk in die dam ingevloei het. Sy sê volgens die huidige huurder van Jetty 3, gaan rioolopgaarhouers nou by die Jetty 3-pompstasie gesink word wat dan deur ‘n riooltrok skoongemaak sal word.

Buiten vir ander kleiner probleme, is die laaste groot probleem in die industriële area waar ‘n pompstasie nog buite werking is, sê Bredenkamp.

Volgens haar het twee WhatsApp-groepe wat uitsluitlik vir water- en rioolklagtes gebruik word, bygedra om die rioolprobleme op die dorp aan te spreek.

Sy sê daar is ‘n duidelike afname in rioolverwante klagtes wat deur volharde druk bewerkstellig is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer. She holds a Diploma in Journalism and is passionate about sharing authentic stories and making a positive impact through those stories. Although her journey in journalism was unexpected, she found herself drawn to it from the very beginning. Despite an initial career in Digital Marketing and Communications, she has recently reignited her passion for journalism and is excited to be back in the field she loves. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button