Local news

Moord op tannie: Man vir waarneming verwys

Hanno Steinberg staan tans tereg op die moord van Madelein Hurst in 2024.

LIMPOPO – Hanno Steinberg, die 28-jarige dwelmslaaf wat tans tereg staan op die moord van sy tannie in Julie verlede jaar, het verlede week in die hooggeregshof in Polokwane verskyn.

Hy is sedert sy inhegtenisneming in die Matatshe-gevangenis in Thohoyandou aangehou.

Die Herald het verlede jaar berig dat Steinberg op 4 Julie omstreeks 15:00 na sy oupa, Kobus Hurst se huis in Kotzestraat gegaan waar hy voorheen gewoon het.

Hy is glo die huis belet weens sy dwelmgebruik.

By die huis het hy sy tannie, Madelein Hurst, ‘n onderwyser by Laerskool Phalaborwa-Noord aangetref.

Na bewering het hy haar met ‘n kombuismes aangerand terwyl sy op die bank in die sitkamer gelê en TV kyk het.

Sy het na buite gevlug waar hy haar glo verder met die mes gesteek het.

Lees meer: Madelein Hurst murder: Nephew (28) remanded in custody

Sy oupa, wat in die huis was het sy dogter te hulp gesnel, asook die bure.

Madelein Hurst het kort voor die gebeure van Musina na Phalaborwa verhuis.

Steinberg is later in hegtenis geneem.

Tydens Steinberg se hofverskyning verlede week, het die staat gevra dat hy vir sielkundige waarneming na Thabamoopo-hospitaal in Lebowakgomo verwys word.

Die regter het ook gelas dat hy in die Polokwane-gevangenis aangehou word totdat hy in Mei vir waarneming opgeneem kan word.

Na wat verneem word het sy ma, Yolande Warren, gesê haar seun het vir jare met verslawing aan tik gesukkel en was vele male in rehabilitasiesentrums opgeneem.

Die saak is tot 19 Junie uitgestel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button