Local news

Boer se ‘lewe’ in puin

‘n Beesboer in die Modjadjiskloof-Munnik-distrik het al sy besittings verloor nadat sy huis afgebrand het, wat volgens hom, ‘n poging is om hom van sy grond te verjaag.

TZANEEN -‘n Beesboer in die Modjadjiskloof-Munnik-distrik het al sy besittings verloor nadat sy huis afgebrand het, wat volgens hom, ‘n poging is om hom van sy grond te verjaag.

Volgens Potgieter is daar drie plase wat as Langkloof bekend staan en sowat 5km van Sekgopo geleë is.

Die meeste plase in die omgewing is deur die regering gekoop en is aan die tradisionele owerhede in Sekgopo bemaak. Daar is egter nog drie Langkloof-boere wat grond in die gebied besit, het Potgieter aan die Herald vertel.

Van die voormalige boere in die omgewing huur die grond terug vanaf die Sekgopo-gemeenskap.

Hy sê verder dat sy familie ‘n lang geskiedenis met die omgewing het en sy voorsate het reeds in die 1800s daar begin boer. Hyself het 20 jaar gelede Langkloof Gedeelte 1 gekoop en boer die afgelope sewe jaar voltyds daar.

Volgens hom blyk dit daar ‘n wanopvatting onder gemeenskapsleiers in die Sekgopo-omgewing bestaan dat die drie oorblywende plase ook aan hul behoort.

Sowat twee jaar gelede is hy en sy bure glo deur die gemeenskap gedreig. Sy vee en troeteldiere is ook al doodgemaak.

Hy vertel dat sy buurman drie weke gelede ‘n prokureursbrief ontvang het wat eis dat hy R5 000 huur aan die Sekgopo-gemeenskap betaal.

Op Dinsdag 4 Junie het Potgieter soos gebruik na sy neef wat op een van die drie oorblywende Langkloof-plase woon en wat baie siek is, gegaan om hom te versorg.

Later die dag het hy en ‘n ander buurman gery om voer te koop. Op pad huis toe het hulle rook opgemerk, maar dit was slegs toe hy tuis kom wat hulle besef het dat sy hele huis in puin gelê is.

Potgieter sê hy wil in vrede met die Sekgopo-gemeenskap leef en dat hy ten spyte van die voorval, nie bang is om op die plaas aan te bly nie.

Potgieter het ‘n saak van brandstigting by die polisie aanhangig gemaak. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Hy het egter al sy besittings verloor en ‘n BackaBuddy-veldtog is van stapel gestuur om hom te help.

Hy het ook hulp van kerke in die omgewing ontvang, maar hy kort steeds noodvoorrade en klere om te oorleef.

VF Plus-LPW en provinsiale leier, André Moss, het in ‘n verklaring gesê dat die Sekgopa-gemeenskap was tot so onlangs as drie weke gelede nog met die oorblywende plaaseienaars in ‘n vergadering waar hulle ook dié se grond versoek het.

“Daar was ook in die verlede dreigemente dat die plaaseienaars met geweld verwyder sal word,” sê Moss.

Die Herald se pogings om kommentaar van die Sekgopo-gemeenskap te kry, was onsuksesvol.

Enigiemand wat met Potgieter in verbinding wil tree, kan hom skakel by 061 742 4219.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button