Editor's choiceLettersOpinion

Kinders moet pa staan vir ouers se besluite

Minder belangrike mamma skryf: Ek het nooit gedink dat ek een van "daai" mammas sal wees wat sal skryf oor die skool wat EK, as ouer, vir my kind gekies het nie. Jy gaan na die Opedag en word allerhande wonderlike goed vertel van 'n top skool wat soveel vir jou kind en sy/haar onderrig omgee.

‘n Skool wat sal sorg dat jou kind se laerskool loopbaan seepglad sal verloop, met geen onderskeid tussen arm of ryk, slim of dom en selfs swart of wit nie.

Jy maak dan sommer dadelik jou keuse. “Hierdie is dié skool vir my kind!” Sonder twyfel. Jy voel goed, jy stres nie meer oor die saak nie want jou kind is in uiterse bekwame hande…. Ai tog, as ons maar net geweet het!

Die tyd van Beheerliggaam verkiesing breek aan. Dit is die verkiesing van die mense wat die hele skool beheer.

Die briewe word uitgestuur vir die verkiesing en JY as ouer kry ‘n kans om ‘n persoon te nomineer. Dit is jou reg – dit is jou kind se skool ook. ‘n Persoon wat omgee vir die skool en sy onnies en sy kinders. Hierdie verkiesing is die hoogtepunt van die jaar. Almal praat daarvan…

Die baie belangrike verkiesingsdag van die nuwe Beheerliggaam het aangebreek!! Jy, as ouer kan dit ongelukkig nie maak nie. Daar is soveel verskillende omstandighede wat dit net onmoontlik maak vir sommige ouers om daar te wees. Maar dit daar gelaat, die verkiesings verloop soos dit seker moet en daar pronk hulle!!!! Die nuwe Beheerligaam!! Baie geluk met die prestasie, almal is so trots op julle!!

letter pic stressed-out-women

En dan… die skool sluit! Die kinders is opgewonde! Elke kindjie verdien ‘n vakansie na sy / haar harde werk die deur die kwartaal. Ek hoor toe nou so toevallig vanaf ander mammas dat ons kinders “gewone klere” mag dra die dag wat die skool sluit. Maar… – ja! daar is mos altyd ‘n maar… SLEGS DIE KINDERS WIE SE OUERS BY DIE BELANGRIKE BEHEERLIGGAAMVERKIESING WAS, MAG GEWONE KLERE DRA.

Wat?????!!!!! Het ek reg gehoor? My kind moet nou uitgewys word vir almal om te sien … hulle het ‘n naam “DIE KINDERS WIE SE OUERS NIE DIE HOOGTEPUNT VAN DIE JAAR BYGEWOON HET NIE” !! Nou tel die “Opedag Mooipraatjies” nie meer nie. Daar word nou wel onderskeid getref tussen die kinders.

My kind en vele ander word verneder as gevolg van my keuse en /of omstandighede. Wat van die mense wat nie voertuie het nie, die mense wat elke dag van hulle lewe laat werk om vir hulle families te kan sorg, die mense wat weens enige ander rede nie daar kon wees nie, die mense wat net glad nie belangstel om deel te wees van die hoogtepunt nie, soos ek?! Ja, ek sê dit! Ek stel nie belang nie!

Waarom?! Ek stap een middag voor die skool uitkom na my kind se klassie toe om haar te kry. Ek hoor so reg uit ‘n “onnie” se mond…. “vat die vorm en nomineer jy “die pappa” en dan vra ek daardie pappa om “jou” ook te nomineer….” WAT?!! Dis belaglik!!!! Ek glo dit nie!! Dit laat mens wonder hoe regverdig die Hoogtepunt van die Jaar / Beheerliggaamverkiesing nou eintlik was?!

Na ‘n moewiese bohaai, geveg, dreigemente en opmerkings soos “nou sal julle leer om betrokke te raak by die skool”, kan daai kinders nou maar ook “gewone klere” aantrek, maar hulle moet R5-00 betaal! Dankie, maar nee dankie!! Kyk juffrou, julle is miskien nog in die skool, maar ek is beslis nie! Die skoolfonds en al die ander fondsinsamelings regdeur die jaar, maak op vir die 1 dag wat ons almal se kinders, geen onderskeid, gewone klere mag aantrek.

Ek sê dankie dat ek een van die “armsalige ouers” is, die “minder-belangrike” groepie. Ek is wie ek is, voor jou, agter jou, in die kerk of by ‘n kuierplek.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button