HAELSKADE: AgriLetaba bemoedig boere
Pieter Vorster, voorsitter van AgriLetaba het 'n bemoedigende boodskap aan al die boere wat skade gelei het agv die hael.
Aan al die boere en grond eienaars in die Tzaneen omgewing wat skade gelei het met die hael van 4 Februarie 2016, baie sterkte.
Asof daar in die huidige tydperk nie genoeg uitdagings is nie, kom daar nog so iets ook as beproewing.
Die omvang van die skade is groot, wat oor die volgende week of so meer duidelik sal wees.
In die middel van ’n droogte tydperk, grondkwessies, arbeid lone wat verhoog, elektrisiteit verhogings wat oor ons koppe hang – om maar ’n paar te noem.
Ons as boeregemeenskap is ’n sterk nasie, wat elke keer weer anderkant uitkom bo enige verwagting.
Daar is ’n plan met alles en ons glo dat Hy op goeie tyd weer sal sorg.
Staan sterk, die hele gemeenskap se ondersteuning is daar.
Vir die foto gallery van die haelskade, klik op: https://tinyurl.com/heo6j7u



