LettersOpinion

Alle frustrasies nou iets van die verlede

Werklik beïndruk van Tzaneen skryf:

As mens dink aan die Departement van Binnelandse Sake kan jy nie help om klaar frustreerd te voel nie.

Wel dit was immers my gevoel in die verlede, die gesukkel om fotos geneem te kry, net om te hoor die aantal fotos is verkeerd, die alewige gewag en lang rye, die swart geinkte duime na die tyd en die knape wat besluit om voor jou in te druk.

Tot my spyt, het ek ‘n ruk terug my identifikasie dokument verloor en kon egter nie meer uitstel nie, ek moes ongelukkig dié Departement aandurf.

Groot was my verbasing toe ek in ‘n amper leë saal van die Tzaneen Binnelandse Sake instap, vriendelik gegroet word en onmiddelik verduidelik word wat die volgende stap is.

Ek het ‘n beëdigde verklaring van die polisie nodig gehad, net so groot was my verbasing oor hoe vinnig en flink die polisie my gehelp het.

Terug by Binnelandse Sake was die diens net so vriendelik as wat dit 15 minute vroeër was.

So word ek weer mooi verduidelik waarnatoe ek moet gaan, my foto is geneem en dit was ‘n verligting toe net drie mense voor my in die ry staan.

Die dae van indruk is verby want by die deur word mens ‘n nommer gegee en op die stelsel gesit.

Die amptenare werk volgens die nommer stelsel en so gaan dit aan.

Ek wou moed verloor toe ‘n amptenaar vir my verskonend sê die stelsel is van lyn af, maar nie eers vyf minute na dit nie, my naam roep.

‘n Mens se vingerafdrukke word geskandeer en direk op die stelsel gelaai.

Na ‘n vinnige draai by die kassier word daar verduidelik wat om te doen en te bring indien die identifikasie kaart (binne vyf werks-dae, nogal) afgehaal moet word.

En siedaar, wat ek aangeneem het hel gaan wees, het omtrent nie eers 30 minute van my tyd geneem nie.

Met die hulp van tegnologie, is ‘n chaotiese stelsel, in my opinie, gladnie meer ‘n kwessie van frustrasie nie.

Ek is uiteindelik genees van my vrees vir “die saal op die tweede verdieping in die Tzaneng Mall”.

Ek is seker hulle het nog hulle besige dae, maar gee hulle ‘n kans!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button