LettersOpinion

Hart van goud het Zandile, ‘n unieke klein vroutjie

Daar is tye wanneer skadu's daal en die duisternis jou lig verdof, maar dan kom medemenslike liefde soos 'n helder ster in die nag, skryf Antoinette Schoeman.

Só is my horisonne verbreed deur ‘n unieke klein vroutjie, my beste vriendin, Zandile. Ek kry ‘n briefie:

“Ma’am, ek nooi jou vir appeltert by my huis, nommer 14692 in die township. Ek wil jou aan my kinders voorstel.”

Ek aanvaar die uitnodiging en daag by haar sinkhuisie op.

Hartseer wel in my op oor die omstandighede waarin sy en haar vier kindertjies moet oorleef. Ek besef opnuut ek moet my seëninge tel, want van swaarkry weet ek niks.

Haar piepklein sinkhuisie is kraakvars netjies, ek ruik rooibostee en appeltert, en ervaar die liefde, sonskyn en vreugde.

Die Bybel lê  op ‘n tamatiekassie en daar word gebid en gesing.

Ek het nog nooit soveel tevredenheid en blymoedigheid in my hart gehad nie. Hierdie vrou met die hart van goud het my geleer dis die klein dingetjies in die lewe wat saak maak. Geld en wereldsgoed het weinig waarde in vergelyking met die liefde wat party mense vir ander het.

Zandile jy het my geleer om te lag en te sing en voluit te leef.

Kom ons vat hande en saai liefde oral al die tyd, en maai geluk en heerlikheid, want deur te gee, ontvang ons krag en sielerykdom dag na dag!

Ons almal smag na VERSOENING…dis ‘n lewensskat wat ons nóóit kan koop nie. Ryklik is die loon van hulle wat dit so mildelik versprei!

Vriendelike groete
Antoinette Schoeman

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button