LettersOpinion

In die gees van blymoedigheid

Wat 'n wonderlike en aangename ontvangs toe ons instap by Van Heerden Familie Apteek in Tzaneen!

Dit is met ‘n gees van blymoedigheid en dankbaarheid dat ek hierdie brief skryf!

Wat ‘n wonderlike en aangename ontvangs toe ons instap by Van Heerden Familie Apteek in Tzaneen!

Ek het ‘n geweldige hoofpyn gehad en het vir die apteker iets daarvoor gevra. Die ry was lank en die voorskrif toonbank baie besig. Ek het op die bankie gaan sit om my beurt af te wag.

‘n Vriendelike assistent het my kom vra of sy kan help…sy kan sien ek voel nie goed nie. Sy het dadelik aan my aandag gegee…iets vir my pyn gegee. Ons het aan die gesels geraak en toe ons by die apteek uitstap was my erge hoofpyn iets van die verlede.

Ons kamp vir ‘n paar weke van die jaar by Eiland-Spa. Maandae gaan ons pensioenarisse Tzaneen toe vir ons medikasie en proviand.

In hierdie apteek kry jy wêreldklas kliëentediens. Van jy inkom by die apteek word jy vriendelik ontvang. Jy voel soos een van die familie. Jy word ook so behandel. Geen probleem is te groot of te klein nie… hier word elke kliënt met deernis, empatie en vriendelik behandel.

Dit is dan ook hul leuse! Hier stap ons met ‘n huppel in ons stap uit en voel sommer om die dag voluit aan te pak.

Van Heerden Familie Apteek julle is beslis die kurators en bewakers van hierdie eksklusiewe handelsmerk…dit is julle beurt om die brandende fakkel van nuwe uitdagings, voorspoed en sukses te dra! Vriendelike groete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button