Sport

Hou hierdie atlete dop!

Na twee jaar van amper geen sport nie, is Tzaneen se hoërskole oorgehaal vir ‘n besige atletiekseisoen.

Uwe Sauer van Die Hoërskool Ben Vorster sê die Vossies sien uit na ‘n besige 2022-atletiekseisoen sonder beperkings. “Die Hoërskool Ben Vorster is besig om die skool se atletiekprogram te vernuwe om ons atlete meer geleenthede te gee teen van die sterkste opponente in die land,” het hy aan die Herald gesê.

Ben Vorster het al in 2021 begin voorberei vir die 2022-seisoen. “Ons het aan die NWU Puk Top 30 in Potchefstroom deelgeneem en het baie goed gevaar teen skole soos Grey Kollege, Jeppe High School for Boys, King Edward VII School, Boland Landbou, Afrikaans Hoër Seunskool en Hoërskool Menlopark,” sê Sauer.

Clara Pretorius.

Hy sê die Vossies het tweede in hul groep geëindig met ‘n ABSA-puntgemiddeld van 747 per atleet, en algehele elfde plek. Die topprestasie van die groep was Paballo Legodi, wat algeheel tweede was in die seuns o.17 100m met ‘n elektronies tyd van 10.77 sekondes. Die atleet wat gewen het, het ‘n tyd van 10.76 sekondes gehardloop.

“Legodi is een van die atlete wat dopgehou moet word vanjaar. Hy gaan die baan aan die brand hardloop, saam met Megan Mans (skyfwerp en gewigstoot).”

Beide atlete staan ‘n goeie kans om weer deur te dring na die nasionale kampioenskappe in Maart, sê Sauer. Van die byeenkomste waaraan die skool gaan deelneem word by Vossies aangebied en hulle nooi die gemeenskap uit om dit by te woon. Woensdag het hulle hul interhuis gehad.

Op 19 Februarie vind die Lima Sub Youthbyeenkoms by Vossies plaas en op 26 Februarie die Lima Legue 8-byeenkoms. Ook Hoërskool Merensky is gerat vir die komende seisoen.

Also read: Hoërskool Merensky deel dosyne pryse uit vir presteerders

Die skool sê Klara Pretorius (o.16 – 90m hekkies (14.13sek), 200m (27.25sek); en Reese Coetzee (o.19 – spiesgooi (62.27m) is die room van die oes. Albei die atlete is verlede gekies om aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap deel te neem. Pretorius het wel deelgeneem, maar Coetzee het nie gegaan nie.

Hulle sê dat hulle baie uitsien na die nuwe atlete wat hulle laat verlede jaar by Merensky aangesluit het maar nog nie amptelike tye vir die skool aangeteken het nie. Nog atlete by Merensky wat die jaar dopgehou moet word is:

• Miyelani Nkuna: 100m (12.06sek) o.16.
• Hlulani Baloyi: 200m (23.55sek) o.17. Sophia van Wyk: 400m (1.05.99min) en hekkies 300m (50.53sek) o.15.
• Adriaan Nel 400m (54.38sek), 800m (2.07.56min) o.19.
• Zoë Malherbe: 1500m (5.21.48min) o.17.

• Rikus Haasbroek: 100m hekkies (16.04sek), hoogspring (1.55m) o.15.
• Motsiri Sekgota: 300m hekkies (43.19sek) o.16.
• Andreas Honnibal: hoogspring (1.73m) o.16 (2de by Elardus Erasmusbyeenkoms, in Oktober verlede jaar).

• Leane Heydenrych: hoogspring (1.55m) o.19 (2de by Elardus Erasmus-byeenkoms).
• Geané Anderson: driesprong (9.18m) o.16.
• Caleb Musundwa: verspring (5.78m) o.16.

• Zila Kruger: gewigstoot (11.57m) o/16.
• Mukhetwa Musundwa: gewigstoot (12.77m) o.15.
• Molatelo Thoka: gewigstoot (14.27m), diskus (41.33m) o.16.
• Ryly de Neijs: 100m (11.87sek), 200m (24.27sek) o.16. (Tye genoem is verlede jaar se beste prestasies.)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button