Sport

Opwindende spel sorg vir groot genot by rolbalklub

Tzaneen Rolbalklub se enkelspel-voorgeekompetisie het die afgelope naweek gesorg vir groot opwinding.

Oud-springbokspeler, Wells Payne, het Saterdag gesorg vir ‘n verrasssing in die uitslae deur op ouderdom 80 die kompetisie uit te stof en deur te dring na die mansfinale. In die mansfinale het Theo Wolmarans, wat as beginner nog net vyf maande rolbal speel, die kompetisie gewen met Stoffel Vermaak wat tweedeplek losgespeel het.

Stoffel Vermaak en Theo Wolmarans

In die damesafdeling het Sue Morrison weggestap met die eersteplek en Elsje Beyer neem die tweedeplek op die ranglys. Sarie Vermaak,
woordvoerder vir die klub, vertel dat hulle juig oor die groei in lede die afgelope paar maande. Die klub se ledetal het van 23 to 43 spelers
geklim. Die klub het afrigters wat beskikbaar is om nuwe spelers te leer hoe om dié spel te bemeester.

Also read: Muxe na Bolo signs with Black Leopards

Die klub bedank graag die volgende persone: Sarie, Ina en die personeel by die klub, Ben, William, Jovani en Marie wat gemerk het, die ondersteuners wat die spelers geïnspireer het, Koos en Jovani wat gesorg het vir die baan se puik kondisie, die spelers vir rekordinskrywings, en die lede wat sorg dat Tzaneen Rolbalklub se naam hoog gehou word. Skakel Sarie Vermaak op 083 456 3466 vir meer inligting oor die klub of om lid te word.

Elsje Beyer en Sue Morrison.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button