Sport

Bosveld Pumbas wen 29-26 in naelbytstryd teen Letaba

Die Bosveld Pumbas het Saterdag teen Letaba Rugbyklub in Tzaneen ‘n opwarmingswedstryd gespeel om die begin van die rugbyseisoen te vier.

Die Pumbas het in ‘n naelbytstryd met die louere weggestap in die vriendskaplike kragmenting. Dieter Meyer het eerste vir die Pumbas deurgebreek en twee keer agter die doellyn gaan kuier.

Apollo Pinto en die plaasvervanger, Diaan Donson het ook elkeen ‘n drie gedruk. Losskakel, Erich Ackerman vervyf drie drieë. Die oorwinning is uitendelik deur die skopskoen bepaal met Ackermann wat 15 minute voor die eindfluitjie ‘n strafskop tussen die pale deur gestuur het om die leiding te neem.

Ackermann het weer pale toe aangelê in die laaste paar minute, maar die skop was wyd. Die Pumbas het hulle staal gewys om die voortou in die doodsnikke te behou en het die stryd met 29-26 beklink.

Also read: Vossies trek groot rugby-naam nader

Romeo Jones, voorsitter van die Bosveld Pumbas Rugbyklub, verduidelik dat die Pumbas die jaar in die Mpumalanga Premierliga sal kompeteer teen onder andere Witrivier, Nelspruit en Baberton, waarna daar uitkloprondtes teen die Hoëveld se topspanne sal plaasvind. Die Bosveld Pumbas bied Saterdag 12 Maart ‘n rugbydag aan by Drakensig om die sport te vier en bevorder.

‘n Afrigtingsklinkiek vir 6- tot 18-jarige spelers sal van 08:00 tot 10:00 plaasvind en senior rugbyspanne sal om 11:00 hulle wedstryde afskop. Daar sal kosstalletjies, musiek en ‘n biertuin beskikbaar wees. Vir meer inligting skakel Romeo Jones op 083 439 2466.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button